NG Monumentpark

Waarvoor Staan Ons?

  • Ons is mense wat in God glo en betekenisvol wil lewe. Ons volle menswees is ‘n geskenk van God, daarom omhels ons alle fasette van die lewe.

  • Ons is ’n gemeente van die NG Kerk. As gemeente uit die gereformeerde tradisie glo ons dat God genadig is en dit bepaal alles wat ons doen.

  • Ons is ’n geloofgemeenskap waar verskillende generasies by mekaar leer en saamgroei. Oud en jonk is hier tuis.

Erediens Inligting

" ’n Tuiste vir elke hart "

Kom ervaar saam met ons ’n betekenisvolle erediens waar geloof, gemeenskap en gasvryheid saamvloei.

  • Kinders en jongmense neem aktief deel.

  • Gesinne kry huisgeloofmateriaal vir gesels en groei

  • Elke Sondag om 09:00 in die kerk én aanlyn

  • Kleuterkerk vir voorskoolse kinders

  • Saamkuier met koffie ná die diens

  • Almal welkom – maak hierdie jou geestelike tuiste

Huidige Projekte!

Wild & Wakkerfees 2 Augustus

Ons kuier weer saam van vroeg af op Saterdag 2 Augustus. Pannekoek, kosstalletjies, kindervermaak en ‘n aansit-ete. Ons maak staat op jou deelname. Moet nie uitmis nie.

Bakgat Biltong

Hoofstuk 1: Bertus en Gawie maak biltong

Nou kyk, dis hoe die ding gebeur het...

Bertus het gesit met ’n stuk biltong in die hand en Gawie met ’n glas rooiwyn in die ander — toe kom daar ’n droewige nuus: “Boet, die vleis is op.”

Bertus verstik amper in die wyn, maar hy is 'n man met 'n plan!

Bakgat Biltong

Hoofstuk 2: Bertus en Gawie gaan vang vis

Toe sê Bertus:

"Gawie, ons het nou net twee opsies oor: óf ons begin ‘n vegan-lewe... óf ons gaan vang vis!"

Gawie vat nog ’n slukkie wyn en sê:

"Nee wat, my ou maat... ek sal eerder ’n baber soen as tofu eet!"

Bertus se bek is dik, maar so sit hulle nou maar daar, by die viswater, met stokke en 'n wyntjie — wag dat iets byt, of dat iemand weer vir hulle ’n stukkie vleis vir biltong het.

Tot dan?

Dan is dit net die manne, die natuur… en ’n hele klomp tyd om te gesels oor hoe goed biltong was.

Bertus en Gawie is weer terug sodra die bek-en-klou-seer oor is en die beskikbaarheid van vleis en die pryse weer genormaliseer het.

Ons hou julle op hoogte.

Omgee Projek

Ons verlig die kosnood van gesinne in die onmiddellik omgewing en groter Pretoria. Raak betrokke deur ‘n finansiële bydrae te maak of bring kruideniersware na die kerk. Dit kan in die week by die kantoor afgegee word of Sondae in die houer by die deure geplaas word.

EFT Spens of klik op Befonds ons projekte en betaal met SnapScan

NG GEMEENTE MONUMENTPARK

BANKBESONDERHEDE

Bank Absa

Rek no 1500 580 131

Takno: 632005

Epos bewys na [email protected]

Verwysings by betalings: Naam en saak

Wat is ons Bedieningsbenadering?

God het die wêreld lief, nie ’n klein groepie gunsteling mense nie. As kerk is ons mense wat hierdie liefde van God met almal wil deel. Ons doen dit deur EREDIENSTE te hou waar ons God se liefde vier; deur geleenthede vir GELOOFSVORMING te skep waar ons leer en ervaar wat die liefde beteken; deur vir mekaar te SORG, deur UIT TE REIK na mense in nood. Vir ’n gemeente om dit te doen, moet daar fondse en infrastruktuur wees. ADMINISTRASIE sorg daarvoor. Ons werk nie met ’n binnekring wat alles probeer doen nie. Die bedieningstruktuur is ’n oop uitnodiging aan elke lidmaat, oud en jonk, om iewers betrokke te raak en te dien.

Image

Geloofsvorming

"Geloof groei deur ontmoeting en gesprek"

Hierdie Diensraad fokus op die geloofsvorming van ál ons lidmate – van kleuter tot senior. Geloofsvorming vind plaas in drie ruimtes: groot groep, kleingroep en gesin.

Fokusbedieninge sluit in:

  • Jeuggroepe – kinders en tieners wat in hulle eie groepe geloof ontdek.

  • Jong volwassenes – studente en jongwerkendes wat saam kuier en groei.

  • Ouerleiding – ouers toerus vir geloofsgesprekke en ouerskap.

  • Groeigroepe – saam Bybel lees, bid en deel oor die lewe.

  • Bottel & Bord – saamkuier en gesels oor relevante sosiale en geestelike temas.

“Geloofsvorming is nie net vir kinders nie

- dis vir elke fase van die lewe.”

Image

Erediens

"Vier die liefde van God saam"

Die Erediens Diensraad fasiliteer betekenisvolle eredienste wat ruimte skep vir aanbidding, lering en gemeenskap.

“Kom vier saam met ons die liefde van Christus in woord, musiek en beeld.”

Image

Uitreik

"Help ons om die wêreld heel te maak"

Die Uitreik Diensraad dra die hart van diensbaarheid. Hierdie span mobiliseer die gemeente om Jesus se liefde prakties te leef – veral vir diegene in nood.

“Geloofsvorming is nie net vir kinders nie

-dis vir elke fase van die lewe.”

Image

Administrasie

"Ons skep orde sodat bediening kan floreer"

Hierdie Diensraad werk agter die skerms om te verseker dat alle ander bedieninge doeltreffend kan funksioneer. Hulle bestuur:

  • Finansies - verantwoordelike en deursigtige bestuur van fondse

  • Diensverhoudinge - ondersteuning van personeel en vrywilligers

  • Eiendomme - instandhouding en ontwikkeling van fasiliteite

  • Algemene administrasie - skedulering, kommunikasie, en koördinering

“Geloofsvorming is nie net vir kinders nie

- dis vir elke fase van die lewe.”

Image

Sorg

"Ons gee om vir mekaar en ons wêreld"

Die Sorg Diensraad hou die gemeenskap saam met liefde, ondersteuning en viering. Hierdie bediening roep ons op tot omgee en verbondenheid.

“’n Gemeente wat sorg,

is ‘n gemeente wat lewe.”

Volg ons op Sosiale Media