Erediens Tye
Sondae om 09:00
In die kerkgebou
Virtueel aanlyn
Tydens die erediens (09:00) word ‘n spesiale diens vir ons voorskoolse kinders in die kleuterkerklokaal aangebied.
Ons kinders van graad 1 tot 11 woon die hooferedienste saam met die gemeente by. Hulle neem aktief deel aan die diens, en vertrek daarna na hulle kleingroepe vir verdere geloofsvorming.
Hierdie geloofsvorming geskied binne ‘n
ritme van drie leermomente
:
Groot groep
(eredienservaring saam met die gemeente)
Klein groep
(ouderdomspesifieke groepe ná die diens)
Gesin
(huisgeloofsmateriaal vir gesprekke deur die week)
Ons glo dat ware sin en betekenis in die lewe ontdek word wanneer ons
saam rondom die Woord en sakramente
vergader. Ons eredienste is ruimtes waar die gemeente
groei, leer en leef
— saam.
Jy is ook welkom om
aanlyn
deel te neem aan die erediens – waar jy ook al is.
In Monumentpark leef ons met harte wat omgee. Ons verstaan dat dit tyd neem om tuis te voel in ‘n nuwe gemeente. Daarom is gasvryheid vir ons ‘n kernwaarde.
Ons skep ‘n atmosfeer waarin mense werklik welkom voel - vanaf die verwelkomingspan by die deur, tot by die inligtingstafel en die gesellige saamkuier met koffie en tee ná die diens.
Gasvryheid is ‘n wonderlike bediening om by betrokke te raak. Dit gee jou die geleentheid om mense te leer ken, en om ‘n betekenisvolle verskil te maak in ander se geloofsreis.

Volg ons op Sosiale Media