
iM-pak Nuusbrief 24 April


iM-pak Nuusbrief 24 April
In hierdie uitgawe van iM-pak:
• Brief: Ds. Lizl-Louise Schoeman
• Eredienste
• Geloofsvorming
• Sorg: “Aarde-opkoms” en “Aarde-ondergang”
• Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil)
Rus: Die Ritme van Genade
Dis herfstyd en die dae raak korter, wat ook beteken dat daar ‘n paar openbare vakansiedae voorlê. ‘n Nodige blaaskans. ‘n Oomblik om asem te skep.
Maar rus kom nie altyd maklik nie. Ons leef in ’n wêreld waar moegheid soms soos ’n medalje gedra word; waar besig-wees status gee en afskakel soos swakheid voel. Asof jou waarde gemeet word aan hoeveel jy doen.
Die Dag Begin in die Donker
Die Bybel wys ons egter op ’n ander ritme. In die skeppingsverhaal hoor ons telkens: “Dit was aand en dit was môre...” Nie môre en toe aand nie. Aand eerste. Duisternis eerste. Rus eerste. Dan eers die werk van die dag.
Dis merkwaardig: elke nuwe dag begin terwyl ons slaap. Teen twaalfuur in die nag breek ’n nuwe dag aan—ure voordat ons wakker word, beplan, jaag of presteer. Terwyl ons rus:
• Draai die aarde steeds.
• Herstel liggame.
• Hou God die wêreld bymekaar.
Genade is Eerste
Eugene Peterson skryf dat hierdie aand-en-môre ritme ons leer dat genade altyd eerste kom. Ons word wakker in ’n wêreld wat ons nie gemaak het nie, en in ’n liefde wat ons nie verdien het nie. God begin reeds werk lank voor ons opdaag.
Dis bring jou tot die besef : "Rus is nie luiheid nie. Dis ‘n stuk vertroue."
Dis ’n manier om te sê: Here, ek gee my oor aan U sorg, want alles hang nie van my af nie. Ek hoef nie elke probleem op te los, elke uitkoms te beheer of elke leemte te vul nie.
Mag hierdie ruskans jou goed doen. Mag dit ’n tyd wees van asemhaal, herstel en nuwe perspektief, sodat ons ook in die besige tye sal onthou: ons leef nie uit eie krag nie, maar uit God se genade waarin ons elke dag opnuut ingenooi word.
Ds. Lizl-Louise Schoeman
BEDIENINGS NUUS

Erediens
Erediens: Sondag, 26 April 2026, 9:00vm.
Prediker: Dr. James Kirkpatrick
Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.
Aanlyn bydraes:
Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.

Kleuterkerk en jeuggroepe
Weens die twee langnaweke kom die Kleuterkerk en jeuggroepe eers weer op 10 Mei bymekaar.
Verbintenisgroep
Ons herinner julle daaraan dat die Verbintenisgroep eers weer op die 10de Mei bymekaar sal kom, weens die twee langnaweke wat voorlê. Ons sien uit daarna om julle dan weer te sien!
Jong Volwassenes Selgroep
Kom bak en eet saam pannekoeke op die 5de Mei om 18:30. Bring jou eetlus en kom kuier lekker saam!
As jy meer wil weet, sluit gerus HIER aan op die WhatsApp-groep.

Bedieningsvergaderings
Daar sal geen vergaderings hierdie week plaasvind nie.
Hier is ’n skakel na ’n stuk geskryf deur Prof. Willie van Heerden oor “Aarde-opkoms” en “Aarde-ondergang” wat ons uitdaag om die aarde nie te ontvlug nie, maar dit as God se skepping te kies en te versorg.
Uitreik
Wild en Wakker lentefees
Die Wild en Wakker Lentefees vind vanjaar op 5 September plaas. Indien jy graag betrokke wil raak by die reëlings, kontak gerus die kerkkantoor.
Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):
Lees gerus die Noordelike Sinode in die week se nuusbrief.

Lees die Noordelike Sinode se weeklikse nuusbrief HIER
Slotboodskap
Mag hierdie tyd van rus jou herinner dat God se genade altyd eerste kom en dat ons nie uit eie krag leef nie, maar uit dit wat Hy reeds vir ons gee.
Geniet hierdie welverdiende blaaskans, en mag dit jou nuwe krag en perspektief gee.
Ds. Lizl-Louise Schoeman
