Gemeente karakter

Monumentpark is ’n tuiste. Hier kan jy kom kuier totdat jy ‘n plek kry om tuis te kom. Ongeag wie jy is en watter paaie jy al geloop het. Monumentpark is ‘n tuiste waar ons na egte ontmoetings met die Here strewe. Waar jy op jou unieke manier in aanbidding kan deel.

Ons glo dat die Here ons na die wêreld gestuur het. Ons kan nie net “Sondag-Christene” wees nie. Ons gee vir mekaar om en kuier lekker saam. Hierdie omgee en liefde kan nie net in die gemeente bly nie en daarom leef ons dit na buite. Ons is die hande en voete van Jesus oral waar ons kom. In die gemeente gee ons op ‘n unieke manier ook hieraan uitdrukking deur ons Nie-Winsgewende Maatskappy MonCare.

Ons poog om nie te “churchy” te wees nie en vir mense ruimte te bied om geloof vir die een-en-twintigste eeu te ontwikkel. ‘n Geloof wat sin maak en ons anker deur die storms van die lewe. ‘n Geloof wat ons lei na ‘n lewe wat betekenisvol is, eerder as ‘n geloof wat in ‘n verbruikerskultuur vasgevang is. So lewe vloei uit ‘n verhouding met die Here, wat gebou is op die volgende waardes:

Ons waardes

DEERNIS: Ons gee om en leef met begrip

EENVOUD: Ons fokus op dit wat werklik nodig is en betekenis gee

EGTHEID: Ons reis na ‘n lewe wat eg en deursigtig is

GROEI: Ons groei saam in alle fasette van die lewe

RUIMTE: Ons skep verskillende ruimtes waar mense kan tuiskom

VREUGDE: Ons deel en vier die wonder van die lewe

LEIERSKAP

Ds. Wynand van Niekerk
Ds. Wynand van NiekerkLeraar
079 695 35 08
wynand@ngkmp.co.za
Stuur ‘n e-pos
Ds. Lizl-Louise Schoeman
Ds. Lizl-Louise SchoemanLeraar
083 283 8440
lizl-louise@ngkmp.co.za
Stuur ‘n e-pos
Nelmarie Cruywagen
Nelmarie CruywagenGemeente bestuurder
082 940 4377
nelmarie@ngkmp.co.za
Stuur ‘n e-pos

Geloof

Hoop

Liefde

Skakel in

Volg ons op sosiale platvorme

Dankbaarheid gee sin aan gister, bring vrede vir vandag en ‘n droom vir môre.

Onbekend

Your value doesn’t decrease based on someone’s inability to see your worth.

Debi Payne

Moenie twyfel dat ‘n groep van gemotiveerde en ingeligte burgers die wêreld kan verander nie. Dit is dié een ding wat nog altyd die wêreld kon verander.

Margaret Mead