
Opkomende Gebeure


Opkomende Gebeure
Ons deel graag die program.
BEDIENINGSNUUS

Kerssanggeleenthede – 22 November
Ons kinders is hard aan die oefen om tydens die Kinderkerssangdiens vir ons ’n besondere oggend vol Kersliedere en vreugde aan te bied. Die diens vind plaas op 22 November om 09:00.
Die Kerssangfees vind dieselfde aand om 18:00 plaas. Almal is hartlik welkom om saam te kom sing en die vreugde van Kersfees te vier.
Ons vra vriendelik dat almal asseblief blikkieskos saambring as ’n bydrae om dié in nood te ondersteun.


GELOOFSVORMING

Bybelstudie
Die Bybelstudie sluit die jaar af op 18 November 2026 met 'n heerlike saamkuier en braaigeleentheid.

Kleuterkerk en Jeuggroepe
Ons kleuters en jeug (Gr 1-Gr 6) oefen vir die Kinderkersdiens wat plaasvind op Sondag, 22 November.

ADMINISTRASIE

Vergaderings
Die volgende vergaderings vind op die aangeduide datums en tye plaas:
VERGADERINGS VIR NOVEMBER MAAND:
Maandag, 2 November 🕕 18:00 – Moncare Direksie
Dinsdag, 3 November 🕕 18:00 – Diensraad Geloofsvorming
Dinsdag, 3 November🕖 19:00 – Diensraad Erediens
Dinsdag, 10 November 🕕 18:00 – Diensraad Admin
Dinsdag, 17 November 🕕 18:00 – Kerkraad
UITREIK

Vakansie projek
Ons vra vriendelik dat almal asseblief blikkieskos saambring, die 22ste November, as ’n bydrae om dié in nood te ondersteun.
SORG

Nuwe Lidmate-funksie
Indien jy nog nie jou uitnodiging ontvang het nie, kontak gerus die kerkkantoor. Tydens hierdie geleentheid verwelkom ons nuwe lidmate en gee ons meer inligting oor die gemeente.

Herinneringsdiens: 29 November 2026

