
iM-pak Nuusbrief 7 Augustus


iM-pak Nuusbrief 7 Augustus
BRIEF
Brief
'n Gemeente wat saam met jou is
Verlede Sondag het ons matrieks voor in die kerk gestaan, elkeen toegedraai in 'n grys kombers met ons gemeente se logo daarop. Ouers het hulle arms om hulle kinders se skouers gesit. Ons het gehoor: hierdie gemeente is saam met jou.
Dis nie die eerste keer dat ons dit sê nie, en dit sal ook nie die laaste keer wees nie. Dis 'n patroon wat by ons jongste lidmate begin:
• In Graad 1 kry elke kind 'n eie Bybel — die jaar wat hulle amptelik begin lees, sodat hulle self kan ontdek hoe God se verhaal klink.
• In Graad 8 kom staan hulle om die doopfont, om te onthou dat God sy hand op hulle lewens gelê het.
• Met die geloofsverbintenis in Graad 11 kry hulle 'n kruisie by hulle ouers, as simbool van die keuse wat hulle as Jesus-volgelinge maak.
• In matriek, 'n kombers.
• En aan die einde van elke jaar staan ons stil by 'n heel ander roetemerker: ons onthou die lewens van almal wat in die jaar oorlede is.
Voeg daarby elke doop en nagmaal. Elke keer wanneer iemand op 'n Sondag sjokolade kom haal, ook ons kinders se deelname deur die Christuskers aan te steek, hardop te bid en bybel te lees. Die karakter van elke erediens.
Hoekom doen ons dit? Hoekom gee ons om? Omdat God omgee. Ons glo Hy is saam met ons — "Die Woord het vlees geword en onder ons kom woon," skryf Johannes — of anders gestel: Hy het in ons buurt kom intrek. Nie op 'n afstand nie. Hier, tussen ons. Immanuel. Daarom is elke Bybel, elke doop, elke kombers, elke viering ons manier om dieselfde ding te sê: ons gee om. Ons is deel van iets groter — verbind aan God, en daarom aan mekaar.
Mag ons dit onthou op al die plekke waar ons kom. In die dinge wat ons bang en bly maak. Alles waarmee ons sukkel en waar ons swaarkry. Elke keer wanneer die lewe ons laat vergeet wie ons is, en Wie s'n ons is. Hier is 'n gemeente wat omgee. Ons is saam in hierdie ding wat ons die lewe noem. Van die eerste doopwater tot die laaste keer wat ons name hardop in die kerk gelees word.
Ds. Lizl-Louise Schoeman


BEDIENINGS NUUS

Erediens

Erediens: Sondag, 9 Augustus 2026, 9:00vm.
Prediker: Dr. James Kirkpatrick
Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.
Aanlyn bydraes:
Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan
GELOOFSVORMING


Kleuterkerk en jeuggroepe
Daar is geen Geloofsvorming die Sondag nie. Ons kom weer bymekaar op 16 Augustus.
Verbintenisgroep:
Onthou, daar is geen Verbintenisgroep op Sondag 9 Augustus nie. Ons kom weer bymekaar op 16 Augustus om 18:00 in die Jeugsaal. Sien julle dan!
Jong Volwassenes Selgroep
Hierdie week gaan ons Quiz Night by Railways Café! Sien julle Woensdag 12 Augustus om 18:30..
Vir meer inligting, sluit gerus HIER by ons WhatsApp-groep aan.
ADMINISTRASIE

Vergaderings
Die volgende vergaderings vind plaas:
11 Augustus: Diensraad Sorg (12:00)
18 Augustus: Kerkraadsvergadering (18:00)
UITREIK

Spens-projek


Wild en Wakker Lentefees
Die Wild & Wakker Lentefees

Die Wild & Wakker Lentefees is waar jy wil wees!
5 September | NG Monumentpark

By die Wild & Wakker Lentefees is daar geen tekort aan pret nie! Die kinders kan ń propvol dag van kreatiewe, vermaaklike en lekker aktiwiteite geniet!
Daar is iets vir elke ouderdom en elke kind!
• Onder 12: R85
• 12 jaar en ouer: R65
Bring die hele gesin en kom geniet die Wild & Wakker Lentefees saam met ons!

6 September Lentesangdiens en Pretoria Mannekoor

Hot Mikado

Noot vir Nood


SINODEBRIEF
Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.
SLOTBOODSKAP
Slotboodskap
Mag jy in die week wat voorlê, opnuut onthou dat God saam met jou stap – in elke oomblik van vreugde en in elke uitdaging. Mag jy ook ervaar dat jy deel is van 'n geloofsgemeenskap wat omgee en wat saam met jou die pad van geloof stap. Ons sien daarna uit om jou Sondag by die erediens te verwelkom.
Tot volgende keer!
Ds. Lizl-Louise Schoeman
