Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 5 September

September 05, 20253 min read
in ons gemeente
loodglas

BRIEF

Meer as net 'n tafel

Daar kom gereeld navrae uit gemeentes oor die Moderatuur se tafel. (Leierskap van die Noordelike Sinode). Meestal kan ons dit sommer met ’n oproep of e-pos hanteer. Maar partykeer vra dit vir méér.

Soos daardie keer toe ’n Ring in die noorde van ons streek duidelikheid oor ’n klomp sake wou hê. Hulle was só ernstig dat hulle op ’n stadium selfs gewonder het of hulle nie eerder na ’n ander Streeksinode moes skuif nie. Ons span van sewe het toe in ons motors geklim en twee dae saam met hulle spandeer. Ons het in hulle wêreld ingestap, gehoor waarmee hulle sukkel, saam geëet – sommer ’n hele paar keer – en eers daarna regtig begin gesels.

Ons het nie oor alles saamgestem nie, maar ons kon mekaar in die oë kyk, luister om te verstaan en saam dink oor die pad vorentoe. Vandag is hulle steeds deel van die Sinode en nie van plan om te loop nie. Intussen was daar nog ander gemeentes waar ons saam om een tafel kon sit, luister en mekaar in die oë kyk. En dit het my net weer laat besef: DAT ons kan praat, is net so belangrik – selfs belangriker – as WÁT ons praat.

Dis mos hoe Jesus self gedoen het. Weer en weer het Hy het mense na ’n tafel genooi – partymaal onbekendes, partymaal mense wat glad nie daar pas nie. En tog was dit die plek waar harte oopgegaan en lewens aangeraak is.

Sondag dek ons ‘n lentetafel en kuier ons saam na die erediens. ‘n Stopplek langs die pad. Ons wil hê jy moet daar wees. Ons hou van ‘n spreekwoordelike vol tafel, want saamwees verander ‘n gewone tafel in iets méér. En dit verander ook dié wat kom aansit. En dit is goed.

Ds. Lizl-Louise Schoeman


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

lente

Sondag 7 September

  • Sondag 7 September om 09h00: Erediens en Lentesangfees

  • Prediker: Ds. Lizl-Louise Schoeman

  • Teks: Jesaja 32 vers 14 -18

  • Volg die skakel vir die regstreekse uitsending.

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.

7 September – Lentesangfees

Op 7 September hou ons ons Lentesangfees – ’n vrolike geleentheid vir die hele gemeente. Ons beplan iets heerlik, hou die spasie dop en kom deel in die vreugde!

lente

sangfees


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie

bybelstudie

Groeigroep

groeigroep

Jeuggroepe
Gr1 – Gr10, ons kan nie wag om jou die Sondag te sien nie.

Kleuterkerk
Sondae | ⏰ 09:00 | 📍 Kleuters skuif na die Konferensielokaal van die komende Sondag af.
Ons kan nie wag om ons kleuters te Sondag te sien nie.

piekniek

Jong-Volwassenes

jong volwassenes

piekniek
administrasie

Bedieningsvergaderings

bediening


sorg

Moncare

spens

spens

horison

Lig op die Horison

Ons eie Richard en Eranee is betrokke by dié musiekaand.

25 Okt 2025 | 18:00 | Skuilkrans, Pretoria ’n Simfoniese musiekaand met Croons Collective, Monique Steyn , Pretoria Mannekoor & Constantia Park Laerskool Senior Koor.

Musiek wat lig en hoop bring – moenie dit misloop nie!


HARTE GAAN OOP

In hierdie uitgawe het ons saam stilgestaan by die betekenis van ’n tafel – ’n plek waar harte oopgaan en waar ons mekaar beter leer ken. Hierdie Sondag nooi ons jou uit na die Lentesangfees ná die erediens – ’n vreugdevolle saamkuier vir jonk en oud. Mag hierdie lente vir jou nuwe moed en vreugde bring.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog