Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 31 Oktober

October 31, 20253 min read
in ons gemeente
loodglas

In hierdie uitgawe van iM-pak:

• Brief: Ds. Lizl-Louise Schoeman

• Erediens, Nagmaal en Geloofsverbintenis: Ds. Lizl-Louise Schoeman, 2 November om 09h00.

• Geloofsvorming

• Bottel-en-bord


BRIEF

Dis 9:00 in die oggend en reeds 33 grade buite. Ons sit in ’n klein kerkie in Kampersrus/Hoedspruit. Vandag is Christiaan se belydenis van geloof. En die hele familie is hier. Maar wag, ek loop die storie vooruit.

Dis eintlik Covid se skuld.

Daardie tyd toe niemand nêrens kon kom nie, het my familie in die Bosveld begin inskakel by Monumentpark. Sondae skuif hulle agter die skerms in – deel van die gesiglose digitale gemeente. Later het selfs hulle predikant saam begin kyk. En toe kom die uitnodiging:

“Wil jy nie saam met ons dominee jou kleinneef se belydenisdiens kom doen nie?”

26 Oktober 2025. In die Hervormde Kerk.

Soos ek sê, dit was warm! Maar dis nie wat ek sal onthou nie.

Na die preek het die twee dominees saam nagmaal bedien. En dié van julle wat die Hervormde liturgie ken, sal weet van die gedekte tafel voor in die kerk waar elke lidmaat kom aansit vir die nagmaal.

Dis daardie oomblik wat by my bly:

Ons familie aan een tafel met brood en wyn —

’n Oupa en ’n Oumagrootjie, broers en ’n sussie, aangetroudes, niggies en nefies —

mense met hul eie stories, hoop en wonde —

wat saam ervaar, al sê niemand dit hardop nie: Ons behoort.

Nie net aan mekaar nie,maar aan die Een wat ons vashou.

Die Een wat die donker- en die ligkante ken en tog kom met brood en wyn —

genadekos vir honger mense.

Komende naweek sit ons weer aan die nagmaalstafel.Dié keer saam met Emma, George, Corlien, Ané, Ruzanne, Megan, Jeandré en Zelda — jongmense wat sê:

“Ek is gedoop. Ek glo God het my lief.”

Daar is plek aan die tafel vir ons elkeen. Plek vir twyfel en plek vir dankbaarheid. Plek vir nuwelinge en ou bekendes.

Daar waar ons herinner word: Die kerk is nie ’n gebou nie. Die kerk is ’n familie. En Christus self is die gasheer.

Ds. Lizl-Louise Schoeman


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

diens
  • Sondag 2 November om 09h00: Erediens, Nagmaal en Geloofsverbintenis.

  • Prediker: Ds. Lizl-Louise Schoeman.

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie

bybelstudie

Groeigroep

groei


Kleuterkerk en Jeuggroepe

kleuterkerk


dagboek 2
administrasie

Bedieningsvergaderings

vergaderings


sorg

Moncare

spens

spens


Bottel en Bord – 6 November 2025 om 18:00

Trek jou dagboek nader, want Roland Henwood kom gesels. Tema: Die konteks waarin ons leef.

Almal is baie welkom. Bring jou eie eet- en drinkgoed en geniet ’n aangename aand saam met Roland.

roland

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

bottel en bord


Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

noordsin

Lees die Noordelike Sinode se weeklikse nuusbrief HIER


Slotparagraaf

Ons word opnuut herinner aan die tafel waar familie, vriende en generasies in geloof saamkom. Daar besef ons dat Christus ons gasheer is en dat die kerk ’n familie is. Ons sien uit na Sondag se nagmaal en geloofsverbintentenis waar jongmense se deelwees van ons geloofsfamilie gevier word.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog