
iM-pak Nuusbrief 31 Julie


iM-pak Nuusbrief 31 Julie
BRIEF
Brief
“Jy moet fokus, my kind!”
Ek het gehou van die beeld wat Lizl-Louise Sondag gebruik het. Sy het vertel van 'n teleskoop wat lank genoeg op een oënskynlik donker deel van die heelal gefokus het net om te ontdek dat daar agter die donker indrukwekkende sterrestelsels verskuil was. Sy het dit toegepas op die geslagsregister in Genesis 10 en met 'n skerp fokus die rykdom van dié teks vir ons oopgebreek. Ek het hierdie week 'n soortgelyke ervaring met Genesis 11, die verhaal van die toring van Babel, gehad.
By 'n weeklikse gespreksgroep, bestaande uit 'n paar prokureurs, deel ek toe Dinsdag die teks van Genesis 11:1–9. Ek verduidelik dat ek Sondag daaroor moet preek, want dit is hoe dit by ons in Monumentpark werk: Ons preek oor die teks waaroor die kinders ná die diens in hulle kleingroepe gesels. Ek het gehoop hulle sou kon help en vra hulle toe om te deel wat hulle daarvan verstaan. Nadat almal klaar gelees het, volg daar 'n lang stilte. Die groep kom al jare saam, en die stilte is nie ongemaklik nie. Dikwels kom hulle ná sulke stiltes met betekenisvolle insigte vorendag. Dinsdag was dit anders. Op 'n stadium verbreek een van hulle die stilte met die woorde: "Ek het geen idee wat hier staan of wat dit beteken nie!"
Ek deel toe met hulle wat ons uit die navorsing oor dié teks weet, en gaandeweg sien ons saam nóg 'n sterrestelsel raak. "Jy moet fokus, my kind!" sê hulle op die radio. Dit is ook waar van Bybellees. Dit is nie bloot 'n geval van optel, lees en stemme hoor nie. As ons moeite doen en fyn kyk, gaan daar nuwe wêrelde oop.
Sondag vertel ek meer van die sterrestelsels agter Genesis 11. Kom kyk.
Dr. James Kirkpatrick
BEDIENINGS NUUS

Erediens

Erediens: Sondag, 2 Augustus 2026, 9:00vm.
Erediens en Roetemerker Gr12: Sondag, 2 Augustus 2026 Julie 2026, 9:00vm.
Prediker: Dr. James Kirkpatrick
Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.
Aanlyn bydraes:
Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan
GELOOFSVORMING


Kleuterkerk en jeuggroepe
Hierdie komende Sondag staan ons stil by Genesis 11:1–9, die verhaal van die Toring van Babel.
Indien jy en/of jou gesin in die komende week verder hieroor wil nadink en saam gesels, kan julle van die volgende huisgeloof gebruik maak:
Huisgeloof
Gesels saam:
Waarvoor wil jy graag onthou word wanneer mense eendag aan jou dink?
Lees saam:
Lees Genesis 11:1-9.
Dink saam:
• Waarom wou die mense die toring bou?
• Wat bedoel hulle wanneer hulle sê: “Kom ons maak vir onsself naam”?
• Watter woorde in die verhaal wys dat die mense baie op hulleself ingestel was? (Kyk hoeveel keer "ons" en "vir onsself" voorkom.)
• Waar sien julle dit vandag in ons wêreld, of selfs in julle eie lewe?
• Hoe help God ons om weer ons oë op Hom en op ander mense te rig?
Doen saam:
• Neem twee foto’s. Eers neem almal 'n selfie. Dan neem iemand ‘n foto van die hele gesin saam.
• Watter foto vertel die groter storie?
• Ons fokus skuif maklik na onsself, ons eie planne en ons eie sukses. God nooi ons egter om deel te wees van sy groter verhaal.
Sluit af met gebed.
Verbintenisgroep:
Daar is nie Verbintenisgroep op 2 Augustus en 9 Augustus nie. Ons sien julle eers dan weer 16 Augustus om 18:00 in die Jeugsaal.
Jong Volwassenes Selgroep
Ons kuier weer saam op Dinsdag 4 Augustus om 18:30. Sien julle daar.
Vir meer inligting, sluit gerus HIER by ons WhatsApp-groep aan.
ADMINISTRASIE

Vergaderings
Die volgende vergaderings vind plaas:
4 Augustus: Diensraad Geloofsvorming (18:00) , Diensraad Erediens (19:00)
6 Augustus: Diensraad Administrasie (18:00)
UITREIK

Spens-projek


Wild en Wakker Lentefees
Die Wild & Wakker Lentefees is waar jy wil wees!
5 September | NG Monumentpark
Die tafels word gedek, die musiek speel en die kuier begin! Kom geniet ’n dag vol lekker kos, samesyn, plaaslike trots en hope lente-pret. Bring jou familie en vriende saam en kom spandeer die dag saam by ’n fees waar die hele gemeenskap bymekaarkom. Van heerlike eetgoed en lekker geselskap tot pret vir almal — ons kan verseker daar is iets vir jou om te geniet!
Kom kuier saam en ervaar die Wild & Wakker gevoel!

Hot Mikado

Noot vir Nood

SINODEBRIEF
Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.
SLOTBOODSKAP
Slotboodskap
Die gemeente se bedrywighede kry weer momentum. Mag ons aanhou om met oop oë en oop harte na God se Woord te luister, want wanneer ons dieper kyk, ontdek ons telkens weer die rykdom daarvan.
Ons sien daarna uit om jou Sondag by die erediens of aanlyn te verwelkom.
Tot volgende keer!
Ds. Lizl-Louise Schoeman
