Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 30 Januarie

January 30, 20264 min read
in ons gemeente
loodglas


In hierdie uitgawe van iM-pak:

• Brief: Dr. James Kirkpatrick

• Eredienste

• Geloofsvorming

• Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):


BRIEF

Kerk en skool – hier moet ons versigtig trap

Ek was nou onlangs by ’n funksie van ʼn skool waarby ek ten nouste betrokke was toe ons kinders op skool was. Tydens die funksie was die versoeking groot om terug te dink aan die goeie ou dae. Met al die mense daar saam wie jy op die Beheerliggaam gedien het en langs sportvelde op koue Saterdagoggende gestaan het, was dit onvermydelik om nostalgies te raak. Die nostalgie is gou verdryf deur die werklikheid van die hede. Die energie van die koor wat sing, die vriendelike onderwysers en die goedversorgde terrein het my dadelik oortuig – vandag is beter as die goeie ou dae. In ’n land wat sukkel met onderwys, sit ons in Pretoria met ’n hand vol uitstekende laer- en hoërskole. Dit is so omdat die een generasie na die ander verantwoordelikheid vir die skole aanvaar het en telkens ’n beter produk vir die volgende geslag gelos het. Wat opvallend anders as in my tyd is, is die groot kerklike diversiteit wat van buite die skoolterrein ingedra word. Die duisend plus kinders kom nie uit een of twee kerke nie. Alles onder die son is kerklik daar teenwoordig! Uit vele gesprekke met ouers en onderwysers weet ek hoe kompleks dit die situasie kan maak. Dit is een ding vir ʼn skool om op grond van sy samestelling te kies vir ʼn duidelike Christelike karakter, maar ʼn ander ding as ʼn bepaalde kerk of spiritualiteit die trom so hard slaan dat kinders begin ongemaklik en ontuis voel. Uit al die gesprekke met onderwysmense, ouers, kinders en dominees het daar vir my een vraag oorgebly wat bedink en beantwoord moet word. Die vraag is : “Wat beteken dit dat die skool nie ʼn kerk is nie?” ʼn Christelike skool is nie ʼn kerk nie en doen nie dinge wat eintlik die kerk se werk is nie. Hoe en wanneer ek gedoop is, het absoluut niks met die skool te doen nie. Wat ek van die werk van die Heilige Gees glo , kan nooit ʼn tema by die skool wees nie. Dit is maar twee van baie voorbeelde. Die skool moet hom by die onderwys hou en skooldinge behoort binne die ruimte van die konsensusoortuiginge van die Christendom te gebeur. En selfs dan is godsdiensvryheid ʼn reg waaroor Christene saamstem.

Dit is elke ouer se verantwoordelikheid om betrokke te wees. Die absolute minimum wat van elke ouer verwag kan word, is om te gaan stem in beheerliggaamverkiesings en insette te lewer wat die skool ʼn goeie veilige ruimte vir ons kinders maak. Ongeërgdheid oor die opvoeding van ons kinders kan vir geen Christenouer ’n opsie wees nie.

Die gemeente waarvan jy deel is, verwag dit van jou om by jou kind se skool betrokke te wees. Ons sal alles moontlik doen om ouers in hierdie groot taak by te staan. Ons het by julle kinders se doop belowe ons sal daar wees vir hulle.

Dr. James Kirkpatrick


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

diens

Erediens: Sondag 1 Februarie om 9h00

  • Prediker: Ds. Lizl-Louise Schoeman

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie en Groeigroep

groei

BYBELSTUDIE

Tyd: Woensdae om 9:00

Plek: Jeugsaal

GROEIGROEP

Tyd: Woensdae om 18:00

Plek: Konferensielokaal

Kleuterkerk en jeuggroepe

Ons sien so baie uit na die jaar en om almal weer te sien! Ons skop 1 Februarie 2026 af met geloofsvorming.

Indien julle graag julle kind vanjaar vir geloofsvorming wil stuur, vra ons vriendelik dat julle asseblief die registrasievorm invul – selfs al was jou kind se naam elke jaar op ons lyste. Ons werk hierdie jaar met ’n nuwe stelsel en wil graag alles nuut opdateer. Daar is ook ’n gedeelte waar julle kan aandui of julle kind se foto's onder andere op die nuusbrief, sosiale media of WhatsApp-groep mag verskyn.

🔗 Registrasieskakel: Registreer HIER of skandeer die QR kode

registreer

Lokaal-verdeling 2026:

jeuggroepe

geloofsvorming

verbintenis


administrasie

Bedieningsvergaderings

vergaderings


sorg

spensprojekwat om te bring

Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Lees gerus die Noordelike Sinode in die week se nuusbrief.

noordsin

Lees die Noordelike Sinode se weeklikse nuusbrief HIER


Slotboodskap

Soos ons die jaar saam aanpak, herinner hierdie uitgawe ons daaraan hoe belangrik elkeen se betrokkenheid is. Met geloofsvorming wat op 1 Februarie 2026 afskop, nooi ons julle om weer saam betrokke te raak by die vorming van ons kinders en jongmense. Mag ons, as gemeente, met sorg en verantwoordelikheid die pad saam stap – in die kerk, by die skool en in ons huise.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog