Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 30 April

April 30, 20263 min read
in ons gemeente
loodglas

In hierdie uitgawe van iM-pak:

• Brief: Dr. James Kirkpatrick

• Eredienste

• Geloofsvorming

• Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil)


Dit is ʼn goeie vraag

In ʼn plasing op Facebook vertel Prof. Julian Muller die volgende:

“Boxer twak en 'n Lotto-kaartjie. Ek staan met my halfdosyn eiers en wag by die toonbank, terwyl 'n oom met knokkige vingers die blou noot uit sy verslete beursie probeer kry. Hy's oud en arm. Verweer. Vir 'n oomblik wonder ek watter van die twee is op hierdie stadium sy beste belegging? Maar dan lê ons drie items langs mekaar op die kontantwinkel se toonbank: Eiers, twak en 'n dobbelkaartjie. Is dit dalk die somtotaal van die lewe wat daar lê? Ons "daaglikse brood", 'n bietjie genot en drome oor 'n beter toekoms. Moet ek hom jammer kry omdat hy nie soos ek ses eiers koop nie, of is dit dalk hy wat my moet bejammer omdat ek net ses eentonige eiers koop? Wanneer is die lewe tragies en wanneer is dit vervullend?”

By die lees daarvan het ek net weer die waarde van ʼn goeie vraag besef. Sedert ek dit gelees het, bly die vraag by my spook. Wie van die twee is beter af? Wie is arm? Vir groei het ʼn mens goeie vrae meer nodig as stellige antwoorde. Ook, en dalk veral, preke moet ons help met vrae wat ons uitdaag om oor die lewe voor God te dink. Preke is nie ʼn finale afkondiging van die waarheid nie. Dit is veeleerder ʼn uitnodiging om saam te dink en die waarheid jou eie te maak en dit dan te leef. ʼn Goeie preek moet jou laat wonder. Dalk, net dalk, volg daar dan die verwondering!

Dr. James Kirkpatrick


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

Preek

Erediens: Sondag, 3 Mei 2026, 9:00vm.

  • Prediker: Dr. James Kirkpatrick

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


geloofsvorming

Groeigroepe

Kleuterkerk en jeuggroepe

Die Kleuterkerk en jeuggroepe kom weer op 10 Mei bymekaar. Sien julle dan!.

kleuterkerk

Verbintenisgroep

Ons herinner julle daaraan dat die Verbintenisgroep eers weer op die 10de Mei bymekaar sal kom.

Verbintenis


Jong Volwassenes Selgroep

Jeuggroep

Kom bak en eet saam pannekoeke op die 5de Mei om 18:30. Bring jou eetlus en kom kuier lekker saam!

As jy meer wil weet, sluit gerus HIER aan op die WhatsApp-groep.


administrasie

Bedieningsvergaderings

Daar sal geen vergaderings hierdie week plaasvind nie.


Uitreik

Uitreik

spensprojek

wat om te bring

MonCare se impak in ons gemeenskap

MonCare speel 'n onmisbare rol in die bevordering van die fisiese en emosionele welstand van beide die gemeente en die breër gemeenskap deur hul wye verskeidenheid voorkomende, ontwikkelings- en terapeutiese dienste.

Op emosionele en sielkundige vlak rus hulle jongmense en ouers prakties toe deur lewensvaardigheidsgroepe en ouerleidingsessies, terwyl honderde gespesialiseerde terapeutiese gesprekke jaarliks hoop en genesing bring vir mense wat met trauma, depressie of gesinsuitdagings worstel.

Op 'n tasbare, praktiese vlak verlig MonCare die daaglikse nood van dosyne weerlose gesinne, bejaardes en getraumatiseerde kinders deur inisiatiewe soos die Spens- en Groenteprojekte, vakansieprojekte en spesiale voedselinsamelings.

Deur waardevolle vennootskappe met instansies soos CMR Daspoort en plaaslike skole, en met die onbaatsugtige hulp van toegewyde vrywilligers, skep MonCare 'n omvattende ondersteuningsnetwerk wat 'n wesenlike en lewensveranderende verskil in die gemeenskap maak.

Dit is vir ons 'n voorreg om die tasbare verskil wat ons saam maak, te vier. Ons deel graag die volgende infografika en vrae en antwoorde wat inligting bevat oor die wye impak en bereik van MonCare se verskeie inisiatiewe in ons gemeenskap.

Moncare

Wild en Wakker lentefees

Die Wild en Wakker Lentefees vind vanjaar op 5 September plaas. Indien jy graag betrokke wil raak by die reëlings, kontak gerus die kerkkantoor.

Wild en wakker


Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Lees gerus die Noordelike Sinode se Verskil nuusbrief van verlede week.

noordsin

Lees die Noordelike Sinode se weeklikse nuusbrief HIER


Slotboodskap

Mag die week wat voorlê gevul wees met goeie vrae – vrae wat ruimte skep om te luister en te groei. Ons sien uit na ’n wonderlike Mei-maand en wens julle ’n heerlike lang naweek toe.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog