Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 3 Julie

July 03, 20263 min read
in ons gemeente
loodglas

BRIEF: Ds. Lizl-Louise Schoeman

Brief

Ligpunte in die Donker

Dis skoolvakansie! En dit beteken net een ding: dis weer tyd vir die vakansieprojek, waar ‘n klompie kinders uit Pretoria-Wes by ons kom kuier. Hulle bring dadelik ‘n eiesoortige lewe en energie saam met hulle.

Jy hoor hulle gewoonlik lank voordat jy hulle sien. Lang, lenige seunslywe vooroor gebuk, ene konsentrasie, besig om te verf en te gesels. Later is hulle buite in die son, en dan weer binne-in die saal waar hulle openhartig deel oor alles wat bangmaak en moeilik is. Die groot hoogtepunt is telkens wanneer ‘n gemeentelid voor die deur stop met ontbyt of middagete – dan word daar behoorlik weggelê! Op die laaste dag word hulle boonop bederf met geskenkpakkies vol skryfbehoeftes en toiletware.

Op die oog af lyk hulle net na ‘n klomp sorglose seuns wat ‘n paar dae lank in die gemeente kom kuier.

Elke dag klokslag, teen laatmiddag, 'ping' die foon. Dis dan wanneer ons hoor hoe die dag regtig verloop het. Foto’s en stories word gedeel, en dán besef jy dat daardie oënskynlike sorgloosheid bloot 'n skans is.

Reeds op die eerste dag het een van die seuns gesê: “Hierdie gaan die beste tyd van my lewe wees!” Soos die week vorder en die gesprekke dieper raak, besef jy hoe waar sy woorde is. Hierdie paar dae weg van die huis af is vir hulle soos om ‘n ondenkbare kloof oor te steek – van een wêreld na ‘n ander.

Die rou nood wat ons keer op keer sien, laat ‘n mens altyd met ‘n mengsel van moedeloosheid en hoop. Die realiteit waarin hierdie kinders moet grootword, is bitter hard en dit breek jou hart. Maar saam met die seer is daar gelukkig ook klein oorwinnings: “ek kan”-ervarings, groeiende selfvertroue en klein stukkies hoop.

Miskien wou Jesus iets hiervan tuisbring toe Hy oor die mosterdsaad en die suurdeeg gepraat het. Dit begin klein. Dit lyk aanvanklik nie na veel nie. Maar die gelykenis herinner ons aan 'n geweldige waarheid: die krag van die toekoms is reeds in die hede teenwoordig.

In God se hande verander ons pogings. Klein saadjies groei, suurdeeg verander die hele baksel. Uiteindelik word dit meer as wat ons ooit kon verwag.

Mag hierdie vakansieprojek, wat met soveel liefde en omgee aangepak word, steeds hierdie pad van hoop loop. ‘n Plek waar klein dade nou reeds aan ‘n ander toekoms bou.

Het jy geweet?

• Hierdie is reeds die 7de vakansieprojek wat aangebied is, en ongeveer 48 jongmense se lewens is al deur hierdie program aangeraak.

• 'n Groot dankie aan die drie maatskaplike werkers, Petro Barnard, Karen Louw en Stian Pretorius asook elke gemeentelid wat met tyd, kos en omgee hierdie week moontlik gemaak het.

Ds. Lizl-Louise Schoeman


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

Erediens: Sondag, 5 Julie 2026, 9:00vm.

  • Prediker: Dr. James Kirkpatrick

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan


GELOOFSVORMING

geloofsvorming

Kleuterkerk en jeuggroepe


Verbintenisgroep:

Ons volgende samekoms is die 26ste Julie om 18:00 in die Jeugsaal.


ADMINISTRASIE

administrasie

Vergaderings

Geen vergaderings die komende week nie.


UITREIK

uitreik

Spens-projek

spens-projek

spens-projek

Wild en Wakker Lentefees

Visrivier Staptoer

Hot Mikado


SINODEBRIEF

Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

noordsin

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.


SLOTBOODSKAP

Slotboodskap

Ek glo die skoolvakansie is 'n kosbare geleentheid om tyd saam met geliefdes deur te bring en nuwe herinneringe te skep. Geniet die klein oomblikke, en weet dat selfs die kleinste dade van liefde en omgee kan 'n groot verskil maak.

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Back to Blog