Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 29 Augustus

August 29, 20253 min read
in ons gemeente
loodglas

BRIEF VAN Dr. JAMES KIRKPATRICK

Ag Here, help!

Verlede Sondag het ek weer verstaan wat die psalmdigter bedoel as hy sê “Moet op prinse nie vertrou nie!” Die prinse in hierdie geval was die tegnologie. Die “no signal” boodskap het dit duidelik gemaak. Vandag is jy op jou eie met geen hulpmiddels nie. Na al die jare is ek steeds op my senuwees voor ’n diens. By my intreepreek in Randpoort (Randfontein) het ’n tannie my later vertel van haar gebed toe ek die kansel bestyg. Haar gebed “Ag, Here, hy is so jonk. Help hom asseblief!” was vir die 25 jarige jongman op die kansel heel toepaslik. Intussen het die 25 aangeskuif met ’n paar jare, maar haar gebed is steeds relevant. Goed, die woordjie “jonk” is seker nie meer die regte keuse nie, maar vir die res bly dit geldig. “Here, help hom tog asseblief.”

Om te preek is nie maklik nie. Dit is nie ’n toespraak nie en ook nie ’n lesing nie. Daar word van jou verwag om ’n ou antieke teks te neem en so daaroor te praat dat mense in 2025 sal sê hulle het iets van God gehoor/ervaar/gesien. In die kerkbank sit die wyse oom van 80, die jong alleenma van 35 en die gesin van vyf na die preek en luister en elkeen hoop om iets te hoor wat hulle lewens raak. Wat ook al die tema, dit sal nie vir almal ewe veel raak nie. Tog kom mense week na week terug om weer te luister. Meestal na iets wat hulle al gehoor het. Maar omdat dit oor God gaan, bly die misterie ons lok. Predikante se preke is soos die vinger wat na die maan wys. Die vinger is nie belangrik nie. Dit is waarna dit wys, wat saak maak.

Daarom bid ek steeds soos die tannie destyds in Randpoort. “Ag, Here, help tog vir ons wat elke Sondag moet preek. Die mense wil na die Maan kyk.”

Dr. James Kirkpatrick


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

diens

Sondag 31 Augustus

  • Sondag 24 Augustus om 09h00: Erediens en Nagmaal

  • Prediker: Prof. Willie van Heerden

  • Teks: Jesaja 32 vers 14 -18

  • Volg die skakel vir die regstreekse uitsending.

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.

7 September – Lentesangfees

Op 7 September hou ons ons Lentesangfees – ’n vrolike geleentheid vir die hele gemeente. Ons beplan iets heerlik, hou die spasie dop en kom deel in die vreugde!

lente

sangfees


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie
Woensdae | ⏰ 09:00 | 📍 Jeugsaal

Groeigroep
Woensdae | ⏰ 18:00 | 📍 Konferensielokaal

Jeuggroepe
Gr1 – Gr10, ons kan nie wag om jou die Sondag te sien nie.

Kleuterkerk
Sondae | ⏰ 09:00 | 📍 Bo in die Jeugsaal
Ons kan nie wag om ons kleuters te Sondag te sien nie.

geloofsvorming


Jong-Volwassenes

jong volwassenes

piekniek
administrasie

Bedieningsvergaderings

vergaderings


sorg

Moncare

spens

spens

'N NUWE SEISOEN

Elke Sondag wanneer ons saamkom, word ons herinner dat dit nie bloot oor woorde of ’n spreker gaan nie, maar oor die Here self – en dit vul my hart met vreugde. Met groot blydskap sien ons uit na die Lentesangfees wat voorlê en ons herinner ook ons Jong-Volwassenes aan die piekniek – ’n wonderlike geleentheid om saam te kuier. Mag hierdie nuwe seisoen vir jou vars hoop, lig en vreugde bring.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog