Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 28 November

November 28, 20254 min read
in ons gemeente
loodglas

In hierdie uitgawe van iM-pak:

• Brief: Ds. Lizl-Louise Schoeman

• Eredienste

• Kerssangdienste terugblik

• Geloofsvorming

• Herinneringsdiens: 30 November

• Kersfeesprojek 2025

• Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil)


BRIEF

Dis Kersfees

Die afgelope week sit ek in ‘n koffieplek saam met ‘n vriendin en oral is die plek opgevrolik met liggies en kersbome. Skielik val my oog op hierdie prentjie: die 3 wyse manne en, agter hulle, 3 hemelhoë vrouefigure. Vir ‘n oomblik kan ek nie anders as om te wonder oor die kreatiwiteit van hierdie binneshuiseversierder nie.

Wat het deur die persoon se kop gegaan?

Dalk is daar nie ‘n beperking op wysheid nie? As daar 3 manne in die storie kon wees hoekom nie ook 3 vroue nie?

Dalk was dit ‘n baie praktiese persoon: Kom ons pak sommer die kersfeesdekor by die ander dekor, dan hoef ons later net die sterrekykers weg te pak.

Of dalk is niks hiervan waar nie.

Wat my net weer laat besef het: kersfees bly maar ‘n vreemde verhaal. Want wie van ons leef daagliks - tussen ChatGPT, selfone en propvol programme - met herberge, volkstellings, herders en engele? Die geboorte van Jesus is letterlik wêrelde verwyder van ons leefwêreld.

En tog is daar iets aan kersfees wat maak dat ons jaar na jaar hierdie fees bly vier. Ons haal getrou die kersbome uit, koop geskenke en beplan lank aan als wat op die kersspyskaart gaan wees. Wanneer Kersdag aanbreek, luister ons weer na die geboorteverhaal, of ons nou op ‘n vakansiedorp sit of by die huis.

Want die trefkrag van die kersverhaal bly. Die essensie, die hart van kersfees wat jaar na jaar sê: “God is naby. Jy hoef nie bang te wees nie.”

Woorde wat in jou lewe kom sit. ‘n Boodskap wat bly, lank nadat die kersgeskenke opgebruik en die vakansie vergete is - ook lank nadat die wyse manne veilig weggebêre is.

Mag jy en jou geliefdes rus en vier en vrolik wees. Elke dag. Want dit is kersfees.

brief


Ds. Lizl-Louise Schoeman


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

erediens

Erediens: Sondag 30 November om 9h00 – Herinneringsdiens

  • Prediker: Ds. Lizl-Louise Schoeman

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


Kinderkersdiens en Kerssangfees – 23 November 2025

Ons Kersfeesviering op Sondag, 23 November, het begin met ons Kinderkersdiens. Die kinders het pragtige liedjies gesing en die oggend was vol opgewondenheid, warmte en vreugde. Dit was ’n wonderlike manier om Kersfees deur die oë van kinders te beleef. Later die aand het die vreugde voortgespruit in ons Kerssangfees. Kersmusiek het die atmosfeer gevul en dit was ’n viering van Kersfeesvreugde wat ons almal lank sal onthou.

kersvreugde

kersvreugde

kersvreugde

kersvreugde

kersvreugde

kersvreugde

kersvreugde

kersvreugde

geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie

Ons Bybelstudiegroep skop weer af op 21 Januarie 2026, en ons sien uit om almal terug te verwelkom.

Kleuterkerk en jeuggroepe

Ons kleuterkerk en jeuggroepe het vir die jaar afgesluit. Registrasie vir 2026 vind op 25 Januarie plaas.

Herinneringsdiens: 30 November

Op 30 November hou ons ’n herinneringsdiens waar ons in liefde terugdink aan die geliefdes wat ons gedurende die jaar verloor het.

herinneringsdiens


administrasie

Bedieningsvergaderings

Daar word vir die res van die jaar geen verdere vergaderings beplan nie.


sorg

Dis Kersfees

Ons wil graag help om te verseker dat kinders wat gedurende die kwartaal by skole voedselhulp ontvang, ook tydens die vakansie ondersteun word. Daarom vra ons vriendelik vir skenkings van nie-bederfbare produkte, toiletware en skryfbehoeftes.

Baie dankie vir die ruim bydraes wat ons reeds ontvang het; dit word opreg waardeer. Ons het ’n groot melkskenking ontvang en het tans genoeg melk, maar daar is steeds ’n groot behoefte aan toiletware en skryfbehoeftes. Daar is nog kans om bydraes tot en met Sondag te bring.

Saam kan ons hierdie Feesseisoen ’n werklike verskil maak in gesinne se lewens.

sorg

-Petro Barnard-


Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

noordsin

Lees die Noordelike Sinode se weeklikse nuusbrief HIER


Slotboodskap

Kersfees bly ’n spesiale verhaal wat ons keer op keer herinner dat God naby is en dat ons nie hoef bang te wees nie. Dit is ’n tyd om stil te staan by liefde, hoop en die vreugde wat ons met mekaar kan deel. Dankie vir die voortdurende betrokkenheid en vir die manier waarop lig en hoop in ons gemeente sigbaar word.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog