
iM-pak Nuusbrief 26 Junie


iM-pak Nuusbrief 26 Junie
BRIEF: Aldi Serfontein
Brief
Doodskiste op die water
In die 19de eeu in Brittanje was daar ’n groot krisis op die see: skepe het gereeld sink-sink die hawens verlaat en op die oop see vergaan. Die rede was gierigheid. Skeepseienaars het hul vragskepe so propvol goed gelaai dat die skepe gevaarlik laag in die water gelê het. Wanneer storms gekom het, was hierdie skepe besonder kwesbaar, en baie het met groot lewensverlies vergaan. Mense het hierdie skepe "doodskiste" genoem.
Toe kom ’n man met die naam Samuel Plimsoll op die toneel. Hy het ’n wet laat deurvoer wat skeepseienaars verplig het om ’n baie spesifieke sirkel met ’n horisontale lyn op die buitekant van die skip se romp te verf. Vandag staan dit wêreldwyd bekend as die Plimsoll-lyn.
Hierdie lyn wys presies tot watter vlak ’n skip veilig gelaai mag word. Wanneer die water die lyn bereik, is die skip vol. Die wetenskap daaragter is fassinerend: die lyn het verskillende merke vir varswater, soutwater, somer en winter, omdat die digtheid van water verander. Maar die beginsel was onwrikbaar: as daardie lyn onder die water verdwyn, is die skip oorlaai en in lewensgevaar.
Baie van ons leef ons lewens sonder ’n Plimsoll-lyn. Ons laai ons skedules, ons verpligtinge, ons stres en ons skermtyd net al hoe voller. Ons dink: Ek kan nog hierdie een ding inpas. Ek kan nog daardie ekstra verantwoordelikheid dra. En van buite lyk dit of die skip nog vaar.
Maar elkeen van ons het ’n emosionele en fisiese "Plimsoll-lyn". Dit is daardie grens wat vir jou sê: Tot hiertoe en nie verder nie. As jy daardie lyn aanhoudend onder die water laat verdwyn, is jy bloot besig om te wag vir die eerste klein stormpie om jou te laat sink.
Die vraag is: Weet ek waar my eie Plimsoll-lyn lê, en het ek die moed om op te hou laai wanneer ek my grens bereik het?
Met die Junie-/Julie-vakansie wat nou amptelik aanbreek, mag dit vir jou ’n geleentheid wees om asem te skep, nuwe krag te kry en jou eie Plimsoll-lyn weer raak te sien.

Aldi Serfontein
BEDIENINGS NUUS

Erediens

Erediens: Sondag, 28 Junie 2026, 9:00vm.
Prediker: Ds. Lizl-Louise Schoeman
Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.
Aanlyn bydraes:
Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan
GELOOFSVORMING

Bybelstudie en Groeigroep

Kleuterkerk en jeuggroepe

Verbintenisgroep:
Ons volgende samekoms is die 26ste Julie om 18:00 in die Jeugsaal.

ADMINISTRASIE

Vergaderings
Geen vergaderings die komende week nie.
UITREIK

Spens-projek


Wild en Wakker Lentefees

Visrivier Staptoer

SINODEBRIEF
Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.
SLOTBOODSKAP
Slotboodskap
Die ritme van die alledaagse lewe laat ons maklik aanhou jaag. Mag hierdie vakansie vir jou 'n geleentheid wees om ruimte te maak vir rus en met nuwe energie terug te keer. Mag julle 'n veilige, rustige en vreugdevolle vakansie beleef.
Tot volgende keer!
Ds. Lizl-Louise Schoeman
