Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 25 September

September 25, 2026•3 min read
in ons gemeente

loodglas

BRIEF

Brief

Kyk hoe mooi!

"Die verlede is 'n ander land, onbereikbaar in sy verte, en wat daaruit herwin kan word, wat daaruit behou kan word, dra jy met jou saam."

Karel Schoeman, Die uur van die engel

Ek hou daarvan om kinders in die speelparkie dop te hou. Dit is niks anders as die grootmenswêreld met kinderakteurs nie. Die roekeloses en oorversigtiges, die geduldiges en die selfgesentreerdes, die uitbundiges en rustiges is almal daar. Maar by die swaai verdwyn die verskille. Die swaai is die groot gelykmaker. Jy kan net so lank aanhou om te gaan sit en wag vir iemand om jou te kom “maak”. Iewers moet jy die kuns self aanleer, anders raak jy te afhanklik van die helpende hand. En wie die kuns van swaai bemeester, is in beheer van die lewe.

Onthou, jy moet terug om te kan vorentoe! Jy het eers daardie terugwaartse momentum nodig voordat jy die hoogskop met reguitbene met die deurswaai kan ervaar. Jy moet eers in die verlede gaan delf vir jou erfenis om te kyk wat jy kan herwin om met jou saam te neem. Sedert gister dink ek heeltyd daaraan. Thandi Mahilo, die vrou wat een keer per week vir ons werk, stap hier in met haar kleurryke Pedi-rok en kondig daarmee aan: “Dit is wie ek is! Dit is wat vir my mooi is.” En soos dit soms met sinkronie werk, ontvang ek, terwyl ek besig om hier oor Thandi en haar erfenisrok te tik, ʼn Whatsapp van ʼn vriend met ʼn foto van sy kleindogter in ʼn rokkie wat haar ma gedra het toe sy ʼn kleuter was. Sy het nes Thandi haar mooi rokkie vir Erfenisdag aangetrek. “Hier is ek. Kyk hoe mooi!”

Ek dink ek verstaan iets van Psalm 133 se beginwoorde “Kyk hoe goed, hoe mooi is dit...” Soveel te meer omdat die digter van Psalm 133 sy vergrootglas op verhoudings tussen mense sit.

Dink net hoe mooi Erfenisdag kan wees as ons soos Thandi en Paul se kleindogter ons “mooi erfenis” aantrek en vir mekaar wys!

Dr. James Kirkpatrick


BEDIENINGSNUUS

diens

Preek grafika

Erediens

Erediens: Sondag, 27 September 2026, 9:00vm.

  • Prediker: Aldi Serfontein

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan


GELOOFSVORMING

geloofsvorming

Bybelstudie en Groeigroep

Kleuterkerk en Jeuggroepe

Ons het die kwartaal afgesluit, geniet die vakansie!


Jong Volwassenes Selgroep

Ons sien mekaar weer Dinsdag, 6 Oktober, om 18:30.

Vir meer inligting, sluit gerus HIER by ons WhatsApp-groep aan.


ADMINISTRASIE

administrasie

Vergaderings

Daar sal geen vergaderings hierdie week wees nie.


UITREIK

uitreik

Spens-projek

spens-projek

Vakansieprojek: 28 September 2026 – 1 Oktober 2026.

Dié projek sal die negende vakansieprojek wees wat deur MonCare gefasiliteer word. Dit is ook die laaste vakansieprojek vir 2026. Verder bedank MonCare graag die gemeente vir hulle volgehoue ondersteuning van die vakansieprojekte. Sonder dié ondersteuning sou dit nie moontlik gewees het om die projekte aan te bied nie. Dit maak werklik ’n verskil in die lewens van die kinders.

Indien u die projek wil ondersteun of enige navraag het kontak asseblief vir Petro Barnard, MonCare, 0825721469.

SORG

Wild en Wakker Lentefees

Die Wild & Wakker Lentefees

Neem asseblief kennis dat die Wild-en-Wakker Lentefees op Saterdag 10 Oktober 2026 plaasvind.

Dit gaan ’n onvergeetlike dag wees en ons sien uit daarna om jou op 10 Oktober te verwelkom!

🎟️Kaartjieverkope is steeds oop!

Custom HTML/CSS/JavaScript


Dankbaarheidsmaand


SINODEBRIEF

Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

noordsin

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.


SLOTBOODSKAP

Slotboodskap

Mag hierdie kort vakansie vir ons ’n geleentheid wees om asem te haal, tyd saam met geliefdes deur te bring en die mooi dinge van ons erfenis en ons alledaagse lewe raak te sien.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Back to Blog