Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 25 Julie

July 25, 20256 min read
in ons gemeente

IN HIERDIE UITGAWE VAN IMPAK ....

loodglas

• Brief van Ds. Lizl-Louise Schoeman

• Erediens – Sondag 27 Julie om 09:00

• Orrel ondergaan groot diens

• Wild- en Wakker Fees 2025 – Kaartjieverkope & skenkings

• Geloofsvorming: Bybelstudie, Groeigroepe, Jeuggroepe & Kleuterkerk

• Jong Volwassenes kuier by Capital Craft – 13 Augustus

• Administrasie: Diensrade en Kerkraadvergaderings

• Musiekproduksie: The Wizard of Oz met Eraneé de Beer


Brief

Na meer as sesduisend kilometer se grondpaaie, drie weke se mooi sonsondergange en ’n vrag stories, is ons terug in die ritme van huis, werk en skool. Die “bucket list”-vakansie deur Namibië en Botswana het al ons verwagtinge oortref. En almal wat al in daardie wêreld was, weet: ’n stukkie van jou hart bly daar agter.

Iewers tussen niks en nêrens, naby Grootfontein, het ons op ’n bordjie afgekom wat my laat glimlag het: “Complaint Department – 300 miles”. ‘n Eenvoudige oplossing vir al daardie klakouse en kermpotte.

Vakansie is vir my ‘n tyd vir kop skoonmaak; die kuns is net om ná die tyd steeds die oopkop te bly en ligter te leef. Dalk moet ons almal maar so ’n bordjie by die voordeur hang. Stel jou net voor: elke klagte en gebrom moet eers ’n lang stofpad aflê voordat dit jou huis bereik. Wil jy opblaas? Doen dit, maar net nie hier nie!

Mag die tweede helfte van die jaar vol energie, hoop en humor wees. Ons skop hom af op ’n hoë noot met ons Wild en Wakkerfees. Daar sal jy goeie geselskap, heerlike kos en lekker mense raakloop. So, maak seker dat jy betyds jou kaartjies koop en jou dagboek oophou by 2 Augustus.

En as jy jou iewers vasloop in iemand wat jou wiele pap maak, onthou die bordjie en stuur hulle vir eers ver weg.

Ds. Lizl-Louise Schoeman

complaints

sonsak

sonsak

sonsak

BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

diens
  •         Sondag 27 Julie om 09h00

  •         Prediker: Dr James Kirkpatrick

  •         Teks: Psalm 8

  • Kom woon die diens aanlyn by op Sondag om 09:00.

  • Volg die skakel vir die regstreekse uitsending.

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


Orrel ondergaan groot diens

Die orrel het die afgelope week ’n groot diens ondergaan, wat oor vyf dae voltooi is. Gedurende hierdie tyd is belangrike herstelwerk gedoen om die orrel se werkverrigting en klankgehalte te verbeter.

Van die werk wat gedoen is, sluit die volgende in:

• Die kragbron (power supply) is vervang met ’n nuwe een. Die vorige kragbron was verouderd en het ’n veiligheidsrisiko ingehou, aangesien dit die elektronika van die orrel kon beskadig.

• Die blaasboks is opgeknap.

• Sekere orrelpype is vir herstelwerk weggestuur.

• Orrelpype is uitgehaal en skoongemaak, wat beide die klank en die stemproses se stabiliteit verbeter het.

• Die orrel is deeglik gestem.

Die herstelwerk en stemming is behartig deur Archibald Devere, met Jan Zielman wat die pype herstel het.

’n Paar interessante feite oor ons orrel:

• Die orrel het ongeveer 1 350 pype.

• Die instrument is gebou deur die Suid-Afrikaanse Orrelbouers.

• Oud-orrellis Albert Troskie was die orreladviseur tydens die bou van die orrel.

Die orrel speel ’n belangrike rol in ons gemeente en die instandhouding van hierdie praginstrument is ’n prioriteit vir ons.

Aanstaande Sondag sal die orrel se hernude klanke vir die eerste keer weer in die kerk hoorbaar wees. Ons glo dat julle die verskil van die eerste noot af sal kan hoor!

Richard Prinsloo
Orrelis

orrel5

orrel3

orrel1

orrel2

orrel5

sorg

Wild- en Wakker Fees 2025: Koop jou kaartjies nou.

wwf

Kaartjies is aanlyn beskikbaar, asook op Sondae ná die Erediens en weeksdae tussen 08:00 en 13:00 by die kerkkantoor.

Saterdag, 2 Augustus 2025 – dit gaan ‘n dag wees vol lekker samesyn, kreatiwiteit en pret! Kom kuier saam by ons jaarlikse Wild- en Wakker Fees, waar daar iets vir elkeen is:

• Stalletjies en Uitstallings

• Kindervermaak

• Heerlike Deli

• Smullekker Etes

• Veiling

Dis die ideale geleentheid om die hele gesin te bring vir ‘n dag van kuier, lag, en lekker eet!

wwf

Gasvrouens

Het jy ’n passie vir mense, reëlings of lekker geselskap? Wil jy betrokke wees?

📞 Kontak gerus ons kerkkantoor: 060 619 7973

Deli-Skenkings en Veiling

Alles van koek, konfyt, beskuit, tot ou portrette en tombola-items is welkom! Borge van pryse is baie welkom.

📞 Kontak gerus ons kerkkantoor: 060 619 7973

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT

geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie
Kom sluit aan by ons Bybelstudie op Woensdae om 09:00. Ons het dié week afgeskop en sien uit om saam in die Woord te groei.

Groeigroep

Leef betekenisvol in die Koninkrykstyd

Ontdek die Klein Profete – en God se hart

Wanneer laas het jy boeke soos Nahum, Miga of Habakuk gelees?

Hulle mag oud wees, maar hul boodskappe is lewend, relevant en vol hoop.

Jy is uitgenooi na die Groeigroep!

Waar ons saam leer, gesels en groei in geloof.

Woensdae / 18:00 / Konferensielokaal

Kom reis saam – God se Woord is nooit verouderd nie.

Jeuggroepe
Ons begin weer Sondag, 27 Julie – ons sien uit daarna om saam te kuier.

Kleuterkerk
Die Kleuterkerk vind weer plaas vanaf Sondag, 27 Julie om 09:00 in die Jeugsaal (bo). Ons sien uit daarna om die kleingoed weer te verwelkom.

kwartaal3

Jong-Volwassenes se Kuier

kwartaal

Jong Volwassenes kuier 13 Augustus by Capital Craft 🍔

Ons Jong Volwassenes gaan weer lekker kuier Woensdag, 13 Augustus by Capital Craft. Dis die perfekte kans om te ontspan, saam te lag en ½-prys burgers te geniet!

RSVP teen Maandag, 4 Augustus om jou sitplek te verseker – dit gaan beslis ’n aand vol goeie kos, geselskap en pret wees!

Kontak Engela by 071 688 4039 vir navrae of om jou plek te bespreek.

capital

MonCare

MonCare: Dankie en hou die spasie dop 🌼

Ons sê opreg dankie vir al die bydraes wat die afgelope vakansie-projek moontlik gemaak het – dit het ’n werklike verskil gemaak. Daar is nog verskeie opwindende projekte op pad en ons kan nie wag om dit saam met julle aan te pak nie.

🌟 Hou dié spasie dop vir dit wat kom – en dankie dat jy deel is van die storie wat ons saam skryf.


administrasie

Bedieningsvergaderings

foto

• 4 Augustus 2025, Diensrade: Geloofsvorming en Sorg

• 5 Augustus 2025, Diensrade: Uitreik en Erediens

• 7 Augustus 2025, Diensraad: Administrasie

• 19 Augustus 2025: Kerkraad


Ons eie musiekbegeleier, Eraneé de Beer, is betrokke by hierdie opwindende produksie van The Wizard of Oz:

Kyk uit vir ons spesiale kaartjieprys vertoning Donderdagaand 7 Augustus 19:00 (Finale Kleedrepetisie) teen net R150 en ons Weeksdag oggend vertonings 11, 12, 13, 14 Augustus om 10:00 teen net R200 'n kaartjie.

wizard

VIND INSPIRASIE

iM-pak #15 bring vir ons ’n vars briesie van inspirasie – van Ds. Lizl-Louise se humoristiese terugblik op stofpaaie en sonsondergange, tot die opgewondenheid oor die helder klanke van ons orrel wat opnuut deur die kerk gaan weerklink. Ons sien saam uit na geloofsvormingsgeleenthede en kuierplanne vir die Jong Volwassenes. Maar veral sien ons uit na die hoogtepunt: die Wild- en Wakker Fees op 2 Augustus! Dis ons kans om as gemeente saam te vier – met heerlike kos, kleurvolle stalletjies, kinderlaggies en kreatiewe uitstallings. Koop jou kaartjie en wees deel van die samesyn – dit gaan ’n fees wees om te onthou.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog