Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 24 Julie

July 24, 20265 min read
in ons gemeente

loodglas

BRIEF

Brief

Die Domestiques

Hierdie Sondag kom die Tour de France tot ’n einde. Vir meer as drie weke het die wêreld se beste fietsryers oor berge, deur dorpe en oor honderde kilometers teen mekaar meegeding. Miljoene mense sal Sondag kyk hoe die wenner uiteindelik in Parys gekroon word en die beroemde geel trui aantrek.

Die interessantste deel van die Tour de France speel hom egter nie altyd voor die kameras af nie.

Geen renjaer wen die Tour alleen nie. Agter elke spanleier is daar ’n groep spanmaats wat domestiques genoem word – ’n Franse woord wat letterlik “dienaars” of “helpers” beteken. Hulle begin die wedren met die wete dat hulle waarskynlik nooit self die geel trui gaan dra nie.

Hulle ry ure lank voor hul spanleier om die wind te breek sodat hy energie kan spaar. Hulle sak terug na die spanmotor om water en kos te gaan haal en jaag dan weer terug deur die peloton (die hoofgroep ryers). As die spanleier op ’n kritieke oomblik ’n pap band kry, klim ’n domestique dikwels van sy eie fiets af en gee dit vir die leier. Sy eie wedren is dan feitlik verby, maar die span se kans om te wen bly leef.

Wanneer die kameras Sondag op die podium fokus, sal die meeste van daardie ryers nie in die kollig wees nie. Tog sou niemand daar gestaan het sonder hulle nie.

Dit laat ’n mens anders kyk na hoe ons gewoonlik oor sukses dink. Ons sien maklik net die persoon wat die prys ontvang, die bevordering kry, die hoogste punte behaal of die meeste erkenning ontvang. Maar agter baie van daardie oomblikke is daar mense wat stilweg gehelp, gedra en moontlik gemaak het dat iemand anders kon floreer.

Terwyl skole, universiteite en werksplekke hierdie week weer hul gewone ritme hervat, is dit dalk die moeite werd om te vra: Wie was/is die ‘domestiques’ in my eie lewe?

Aldi Serfontein


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

Erediens: Sondag, 26 Julie 2026, 9:00vm.

  • Prediker: Ds. Lizl-Louise Schoeman

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan


GELOOFSVORMING

geloofsvorming

Kleuterkerk en jeuggroepe

Hierdie komende Sondag staan ons stil by Genesis 6–10, met besondere aandag aan Genesis 10. Indien jy en/of jou gesin in die komende week verder hieroor wil nadink en saam gesels, kan julle van die volgende huisgeloof gebruik maak:

Huisgeloof

Gesels saam:

As jy jou naam kon verander, sou jy? Hoekom of hoekom nie?

Op die oog af lyk Genesis 10 soos net 'n lang lys name. Dit is dalk nie die soort hoofstuk wat 'n mens gewoonlik wil lees nie. Tog het die skrywer dit doelbewus hier geplaas

Lees saam:

Lees Genesis 10:1–32 (of net verse 1–5 en 32).

Dink saam:

• Wat dink julle is die doel van hierdie hoofstuk?

• Wat vertel hierdie hoofstuk oor God?

• Wat leer hierdie hoofstuk ons oor mense?

• Hoe help hierdie hoofstuk julle om die groter verhaal van Genesis te verstaan?

Doen saam:

Soek op wat elkeen van julle se naam beteken (of vra vir iemand in die gesin as hulle dit weet). Gesels oor hoe julle graag wil hê mense julle eendag moet onthou - nie oor julle naam nie, maar oor die manier waarop julle geleef het.

Sluit af met gebed.


Verbintenisgroep:

Ons volgende samekoms is die 26ste Julie om 18:00 in die Jeugsaal.

Jong Volwassenes Selgroep

Die Jong Volwassenes het heerlik saam gekuier en Ten Pin Bowling gespeel. Dankie aan elkeen wat deel was van die gesellige aand!

Hierdie Dinsdag, 28 Julie, sien ons mekaar om 18:30 in die Konferensielokaal. Ons gaan voort met ons reeks: Vreemde Volgelinge. Hierdie week staan ons stil by Petrus.

Vir meer inligting, sluit gerus HIER by ons WhatsApp-groep aan.


ADMINISTRASIE

administrasie

Vergaderings

Geen vergaderings die week nie.


UITREIK

uitreik

Spens-projek

spens-projek

Vakansieprojek

MonCare se sewende Vakansieprojek, wat van 29 Junie tot 3 Julie plaasgevind het, was 'n groot sukses. Baie dankie aan elkeen wat deur skenkings, gebede, tyd en ander bydraes gehelp het om hierdie projek moontlik te maak. Julle ondersteuning het 'n groot verskil gemaak.

Wild en Wakker Lentefees

🎉 Etekaartjies Wild en Wakker Lentefees 2026 🎉

Etekaartjies vir die langtafelkuier nou beskikbaar!

📅 Saterdag, 5 September 2026

🍽️ Geniet 'n heerlike 3-gang maaltyd

🎟️ R150 per persoon

👥 Of R1 500 vir 'n tafel van 10

Bespreek jou plek vandag en kom geniet 'n dag van lekker kos en kuier ‎

Custom HTML/CSS/JavaScript

Help ons om vanjaar se Wild & Wakker Veiling iets besonders te maak!

Die Wild & Wakker Lentefees is een van NG Monumentpark se jaarlikse hoogtepunte, en ons veiling is altyd 'n gewilde deel van die dag. Daarom doen ons graag 'n beroep op ons gemeente, plaaslike besighede en gemeenskap om saam met ons hierdie jaar se veiling 'n groot sukses te maak.

Ons is op soek na skenkings wat opgeveil kan word. Of dit nou 'n produk, diens of unieke ervaring is – elke bydrae maak 'n verskil en help om die Lentefees nog groter en beter aan te bied.

Ons verwelkom onder andere:

• Produkte of geskenkpakke

• Geskenkbewyse

• Dienste (bv. motorversorgingsdienste, foto's neem, konsultasies, ens.)

• Ervarings (naweekwegbreke, restaurante, wynproe, ens.)

• Handgemaakte items

• Kunswerke

• Unieke versamelstukke

• Enige ander besondere skenking.

Indien jy of jou besigheid graag wil bydra, hoor ons graag van jou (Kerkkantoor: 060 619 7973).

Dankie dat jy saam met ons help om die Wild & Wakker Lentefees 'n onvergeetlike ervaring vir ons gemeenskap te maak.

Visrivier Staptoer

Hot Mikado


SINODEBRIEF

Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

noordsin

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.


SLOTBOODSKAP

Slotboodskap

Dankie aan elkeen wat met liefde dien en so 'n verskil maak. Ons sien uit na 'n week waarin ons saam in geloof kan groei en om Sondag ons Kleuterkerk en Jeuggroepe met vreugde terug te verwelkom.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Back to Blog