Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 23 Januarie

January 23, 20263 min read
in ons gemeente
loodglas


In hierdie uitgawe van iM-pak:

• Brief: Ds. Lizl-Louise Schoeman

• Eredienste

• Geloofsvorming

• Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):


BRIEF

Jare gelede koop ek ’n boek met die titel The Top Five Regrets of the Dying deur Bronnie Ware.

Bronnie vertel dat haar eie lewe eens leeg gevoel het — vasgevang in haastigheid en verwagtinge. Toe raak sy, amper toevallig, betrokke by palliatiewe sorg. Daar, tussen mense aan die einde van hul lewe, verander haar hele lewensuitkyk.

Uit honderde gesprekke het sy vyf dinge gehoor wat mense die meeste berou:

1. I wish I had the courage to live a life true to myself, not the life others expected of me.

2. I wish I didn’t work so hard.

3. I wish I’d had the courage to express my feelings.

4. I wish I had stayed in touch with my friends.

5. I wish I had let myself be happier.

Die waarde van hierdie verhale lê nie net in wat hulle sê oor sterwe nie, maar veral oor lewe.

Hulle herinner my daaraan hoe maklik ons dit wat werklik saak maak, kan laat verbygaan — nie uit onverskilligheid nie, maar uit gejaagdheid.

Terwyl ons holderstebolder ’n nuwe jaar en ’n nuwe ritme probeer baasraak, is dit dan die uitnodiging: om die moed te hê om aandag te gee aan dit wat waarde het en om die res te laat gaan. Ons sal dit soms regkry en soms nie, maar gaan nie ophou probeer nie.

In Monumentpark wil ons veral die eerste punt leef : onverskoonbaar mens wees wat aan Christus behoort. In praktyk is dit ‘n geloofsgemeenskap waar álmal kan tuiskom, waar ons geloofwaardig bybel lees en met integriteit en “kindness” lewe.

Ons sien uit na ‘n betekenisvolle 2026!!

Ds. Lizl-Louise Schoeman


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

diens

Erediens: Sondag 25 Januarie om 9h00

  • Prediker: Dr. James Kirkpatrick

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie en Groeigroep

groei

BYBELSTUDIE

Tyd: Woensdae om 9:00

Plek: Jeugsaal

GROEIGROEP

Tyd: Woensdae om 18:00

Plek: Konferensielokaal

Kleuterkerk en jeuggroepe

Ons sien so baie uit na die jaar en om almal weer te sien!

Neem asseblief kennis dat registrasie hierdie Sondag plaasvind:

📅 Datum: Sondag, 25 Januarie

⌚ Tyd: Direk na die Erediens

⛪ Plek: Familiesaal

💳 Fooi:

R100 vir die eerste kind

R50 vir elke volgende kind

(Dit dek die jaar se hulpmiddels en ander kostes.)

👏🏻 Ons het ’n Yoco-masjien beskikbaar.

🔗 Registrasieskakel: Registreer HIER of skandeer die QR kode

registreer

Jy is welkom om vooraf aanlyn te registreer, of sommer Sondag by ons in die Familiesaal.

👉 Kom ontmoet ook jou begeleier in die Familiesaal ná die Erediens.

✨ Ons skop volstoom af op 1 Februarie 2026 – ons sien uit daarna om saam met ons kinders en jongmense te groei!

jeuggroepe

geloofsvorming

Graad 11 (Verbintenisgroep)

Ons nooi alle Graad 11-leerders en hul ouers hartlik uit om die leraars te ontmoet op Sondag 25 Januarie 2026 om 18:00 in die Jeugsaal.


administrasie

Bedieningsvergaderings

vergaderings


sorg

spensprojekwat om te bring

Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Lees gerus die Noordelike Sinode in die week se nuusbrief.

noordsin

Lees die Noordelike Sinode se weeklikse nuusbrief HIER


Slotboodskap

Mag 2026 vir ons ’n uitnodiging wees om met vrymoedigheid te kies wat werklik saak maak. Dankie dat julle saam met ons hierdie pad stap. Ons is opgewonde oor ‘n jaar waar ons saam kan groei in geloof en menswees. Ons sien uit na ‘n betekenisvolle 2026!!

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog