Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 22 Augustus

August 22, 20253 min read
in ons gemeente
loodglas

BRIEF VAN Ds. LIZL-LOUISE SCHOEMAN

Colouring outside the lines

Op 17 en 18 Augustus het ‘n klomp gemeentes saamgekom vir die jaarlikse ringsitting van Pretoria-Oos Ring. Hulle is:

- Monumentpark

- Monumentpark-Wes

- Waterkloofrif

- Groenkloof

- Waterkloof

- Ooskerk

- Pretoria

- Melodi ya Tswane

- International Church

- SA Gemeente (UK)

Baie mense wonder waaroor só vergadering nou eintlik gaan en die eenvoudigste verduideliking is: ‘n Gemeente word gesien as selfstandig en kan alleen funksioneer, maar die Ring se taak is om meer te doen as wat ‘n Gemeente op haar eie kan doen.

As Ring kyk ons gesamentlik na mekaar, dink na oor ons roeping, praat oor die uitdagings in ons eie konteks en doen gesamentlike projekte. Ons gesels oor elke gemeentes se finansies, staan mekaar by met probleme en voer teologiese gesprekke oor relevante kwessies.

Vanjaar se tema was Colouring outside the lines. Om buite die boks te dink. Elke Gemeente moes foto’s stuur wat dit vasvang. Ons Gemeente foto’s vertel van God se genade wat oor die lyne spoel en al die nuwe geleenthede waarmee ons besig is (sien foto’s).

Om buite die lyne in te kleur, beteken nie chaos nie. Dit vra ‘n ruimer manier van dink en dat ons die prentjie groter laat word as net ons eie hoekie van die bladsy. Ons Ring kan hiervan getuig omdat ons een van die mees diverse ringe in die Noordelike Sinode is.

En tog probeer ons om met geduld en begrip na mekaar te luister. En om te erken dat ander maniere van “inkleur” ook mooi kan wees. Dis juis die verskeidenheid wat ons meer diepte gee en help om ‘n groter impak in die omgewing te hê.

Ná ons saamwees het ek weer besef: die koninkryk van God is nie ’n netjiese inkleurprent is nie, maar ’n lewende doek waar God se Gees aanmekaar nuwe kleure bring.

Ds. Lizl-Louise Schoeman

ngmp

imp


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

nagmaal

charity

Sondag 17 Augustus

  • Sondag 24 Augustus om 09h00: Erediens en Nagmaal

  • Prediker: Dr. James Kirkpatrick

  • Teks: Jesaja 40 en 42

  • Volg die skakel vir die regstreekse uitsending.

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.

7 September – Lentesangfees

Op 7 September hou ons ons Lentesangfees – ’n vrolike geleentheid vir die hele gemeente. Ons beplan iets heerlik, hou die spasie dop en kom deel in die vreugde!

lente


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie
Woensdae | ⏰ 09:00 | 📍 Jeugsaal

Groeigroep
Woensdae | ⏰ 18:00 | 📍 Konferensielokaal

Jeuggroepe
Gr1 – Gr10, ons kan nie wag om jou die Sondag te sien nie.

Kleuterkerk
Sondae | ⏰ 09:00 | 📍 Bo in die Jeugsaal
Ons kan nie wag om ons kleuters te Sondag te sien nie.

kwartaal3


Jong-Volwassenes

hamb

k3


administrasie

Bedieningsvergaderings

bediening


sorg

Moncare

spens

spens

Midde-Ooste hulp

NG Kerk gee uit medelye humanitêre hulp in Midde-Ooste. Lees meer hier.

GELOOFSGEMEENSKAP

iM-pak #19 het gewys hoe ons geloofsgemeenskap nie net binne grense werk nie, maar juis floreer wanneer ons buite die lyne inkleur. Van kleuterkerk tot Bybelstudie– elke aspek van hierdie uitgawe getuig van ’n lewende gemeente vol hoop en groei. Hierdie Sondag vier ons saam Nagmaal, en met Lente om die draai sien ons uit na die Lentesangfees.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog