Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 21 November

November 21, 20254 min read
in ons gemeente
loodglas

In hierdie uitgawe van iM-pak:

• Brief: Dr. James Kirkpatrick.

• Eredienste

• Geloofsvorming

• Bybelstudie-afsluiting

• Dagboekhoogtepunte

• Herinneringsdiens: 30 November

• Administrasie: Uitreik Vergadering

• Kersfeesprojek 2025

• Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):


BRIEF

Die taal wat ons praat

“Die taal wat ons praat” is die naam van ’n program op RSG wat nadink oor die gebruik van goeie Afrikaans. Kan ons ’n keer op die voetspoor daarvan praat oor die godsdienstaal wat ons praat.

“Die Afrikaanse dialek wat jou siek maak”. Dit is die titel van ’n boek wat nog geskryf moet word. Hierdie titel het niks te doen met die gesprek oor dialekte in Afrikaans en of daar iets soos standaard Afrikaans is nie. Dit verwys eerder na die godsdienstaal wat die laaste dekade al hoe meer in die ooste van Pretoria gehoor word.

Die woord “staatskaping” het deel van ons woordeskat geword. Ons weet almal wat dit beteken en watter verwoestende effek dit op ons samelewing gehad het. Ons sukkel nou nog daarmee. Op heeltemal ’n ander vlak, maar nie minder skadelik nie is die kaping van die denke van goeie gelowige mense deur ongeloofwaardige vroomheid. Dit is te sien en te hoor by werkplekke en skole, in formele vergaderings en in informele kuierplekke. As jy eers die “jargon” ken, hoor jy dit orals. Ons taal is vrot daarvan. Dit is ’n dialek wat by baie maklik op die tong val, maar dit is op die lang duur nie goed vir jou nie. Iewers vorentoe lê die groot ontnugtering.

“Ek het Skrif gekry” of sy ander variant “Die Here het vir my gesê” is twee frases uit dié dialek wat enige eerlike teologiese gesprek in sy spore stuit. Hoe verskil jy van iemand wat Skrif gekry het en wat net gister nog hierdie persoonlike gesprek met die Here gehad het? Geen wonder dat die spogwoorde “Ek is so geseënd” so tuis is in daardie omgewing nie. Ek hoor nou die dag iemand die idee tot die volgende vlak neem met “Ek is die Here se witbroodjie. Hy seën my uit my sokkies uit!” Kom ons laat vir eers die vraag of daar so Afrikaanse idioom is, maar dit is doodeenvoudig swak teologie. Dan is daar nog dié vreemde een “Ek spreek lewe in hierdie situasie!” Klink vir my soos Genesis 1 se “Laat daar lig wees”, maar hier is “ek” aan die woord en nie God nie. Hoe spreek mens lewe? Is dit die taal of teologie wat nie sin maak nie?

Dit is dan wat ek dankbaar is dat nugterheid en soberheid op die lang duur baie meer geloofwaardig is. Dit moet die taal wees wat ons praat.

Dr. James Kirkpatrick


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

erediens

Erediens: Sondag 23 November om 9h00- Kinderkersdiens

  • Prediker: Dr. James Kirkpatrick

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

kessangdiens

Erediens: Sondag 23 November om 18h00 – Kerssangfees

  • Prediker: Ds. Lizl-Louise Schoeman

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie-afsluiting

Ons Bybelstudiegroep het op 19 November om 10:00 bymekaar gekom om die jaar op ’n gesellige noot af te sluit. Almal het saam gebraai en heerlik gekuier. Dit was ’n wonderlike afsluiting van ’n geseënde jaar.

foto

foto

foto

foto

foto

foto


Dagboekhoogtepunte:

hoogtepunte

23 November 2025, Kinderkersdiens: 9:00vm

Ons sien met groot opgewondenheid uit na die Kinderkersdiens op Sondag, 23 November.

Ons gemeente se kinders is reeds hard aan die oefen om ’n paar pragtige liedjies tydens die diens te sing. Kom geniet hierdie spesiale oggend saam met ons – ’n vreugdevolle viering van Kersfees deur die oë van ons kinders.

kinderdiens

kinderdiens

23 November 2025, Kerssangfees, 18:00

Ons sien baie uit na die aand van 23 November – ons Kerssangfees! Hierdie wonderlike geleentheid moenie misgeloop word nie. Dit beloof om ’n glinsterende viering van lig, musiek en saamwees te wees. Ons vra vir die gemeente om elkeen asb. ‘n blikkie kos saam te bring na die Kerssangfees.

kesrsangfees

Herinneringsdiens: 30 November

Op 30 November hou ons ’n herinneringsdiens om spesiaal te dink aan geliefdes wat ons verloor het. Stuur gerus ’n foto saam met die besonderhede (naam, geboorte- en sterfdatum) na die kerkkantoor: [email protected].

kers

administrasie

Bedieningsvergaderings

uitreai


sorg

Kersfeesprojek 2025

kersfeesprojek

Ons wil graag help om te verseker dat kinders wat gedurende die kwartaal by skole voedselhulp ontvang, ook in die vakansietyd ondersteun word. Daarom benodig ons asb nie-bederfbare produkte, toiletware en skryfbehoeftes – ’n klein gebaar wat ’n groot verskil kan maak. Baie dankie vir al die skenkings wat ons reeds ontvang het – dit word opreg waardeer. Ons het ook ’n groot melkskenking ontvang en het dus tans genoeg melk.

Saam kan ons die Feesseisoen ’n verskil maak in gesinne se lewens.

-Petro Barnard-


Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

noordsin

Lees die Noordelike Sinode se weeklikse nuusbrief HIER


Slotboodskap

Ons word opnuut herinner aan die waarde van ’n eenvoudige geloofstaal - ’n manier van leef wat lig bring en ons nader aan God trek.

Die afsluiting van ons Bybelstudiegroep was besonders, en ons sien met vreugde uit na die Kinderkersdiens en Kerssangfees hierdie Sondag - kosbare geleenthede om saam te vier en hoop te deel.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog