Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 21 Augustus

August 21, 20265 min read
in ons gemeente

loodglas

BRIEF

Brief

Ons beroep! Ons bou!

As daar 'n datum is wat jy in jou dagboek kan merk, is dit 18 Augustus 2026. 'n Belangrike datum in die verhaal van Monumentpark. Die kerkraad het vergader, en ons het twee mylpaal-besluite geneem: Ons beroep. Ons bou.

Ons beroep

Twee jaar lank was die tweede leraarspos vakant. Nie omdat ons sonder planne was nie. Inteendeel, die kerkraad het die tyd gebruik om deeglik na die begroting te kyk, sodat ons seker kon wees dat ons dit kan bekostig voordat ons beroep. Daardie tyd is nou verby. Ons het besluit: die pos word gevul.

Ons soek nie sommer enigiemand nie. Ons gaan 'n proponent beroep — iemand nuut in die bediening, wat diversiteit in die span bring en natuurlike raakvlakke het met die jonger geslag. En ons gaan op die ou tradisionele manier beroep, wat 'n groslys met nominasies beteken. Die pos word dus nie geadverteer nie.

Die beroepingsvergadering vind plaas op 30 November 2026 sodat die nuwe leraar op 1 Januarie 2027 kan begin. Dus nog twee belangrike datums. Almal is opgewonde oor die waarde wat die tweede pos tot die bedieningspan gaan toevoeg.

Ons bou

Die afgelope twee jaar het ook aan ons die geleentheid gegee om te spaar. Daarom is daar nou fondse op die begroting beskikbaar om agterstallige onderhoud aan te spreek.

Die binneruim van die kerk gaan netjies gemaak word, en ons gedenkmuur gaan nie net opgeknap word nie, maar ook uitgebrei word. Ons gaan ook aandag gee aan die tuine wat sorg nodig het.

Dan is daar 'n derde fase waarvan ons droom: 'n nuwe hoofingang na die kantoorkompleks en ‘n kuierarea. Nie omdat dit 'n luukse is nie, maar omdat die bediening in die gemeente daarvoor vra. Die planne hiervoor is reeds in plek, maar ons het nie nou die fondse daarvoor nie. Ons gaan ook nie skuld aangaan om dit te doen nie. Hier het ons die gemeente se finansiële ondersteuning nodig. Ons gaan dit saam aanpak.

Die instandhouding van die binneruim van die kerk sal in Januarie 2027 afskop. Deel van die netjies maak is nuwe vloere, wat beteken dat die binneruim vir 'n tyd gaan toemaak. Ons is dankbaar vir Laerskool Monumentpark wat hulle saal aanbied terwyl die kerkgebou opgeknap word. Hieroor sal ons meer volledige detail gee sodra die tydlyne vasgemaak is.

18 Augustus 2026 is dus nie die einde van die verhaal nie. Dis eintlik waar die volgende hoofstuk begin. Met hierdie twee mylpaal-besluite is ons ‘n tree nader aan die sêding wat leef in ons gemeente :

“Ons maak reg vir 'n troue en nie 'n begrafnis nie.”

Ds. Lizl-Louise Schoeman


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

Erediens en Nagmaal : Sondag, 23 Augustus 2026, 9:00vm.

  • Prediker: Ds. Lizl-Louise Schoeman

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan


GELOOFSVORMING

geloofsvorming

Bybelstudie en Groeigroep

  • Bybelstudie: Daar is nie Bybelstudie op 26 Augustus nie. Ons kom weer bymekaar op 2 September om 09:00.

  • Groeigroep: Sien julle Woensdag, 26 Augustus, 18:00 in die Konferensielokaal.

Kleuterkerk en Jeuggroepe

Hierdie komende Sondag staan ons stil by Jeremia 1:4-10. Indien jy en/of jou gesin in die komende week verder hieroor wil nadink en saam gesels, kan julle van die volgende huisgeloof gebruik maak:

Huisgeloof

Gesels saam:

Wat is ‘n verskoning wat jy gewoonlik gebruik as jy nie iets wil doen nie?

Lees saam:

Jeremia 1:4-10

Dink saam:

  • Hoekom dink julle het Jeremia gevoel hy is nie die regte persoon nie?

  • Hoeveel keer hoor ons in die verhaal wat God doen of sê, en hoeveel keer hoor ons wat Jeremia doen of sê? Wat sê dit vir ons?

  • Watter beloftes gee God vir Jeremia?

  • Hoe kan ons leer om minder op ons eie vermoëns te vertrou en meer op God se teenwoordigheid?

Doen saam:

Laat elke gesinslid vir die persoon links van hom of haar sê: "Ek dink God kan jou gebruik om..."

Sluit af met gebed

Verbintenisgroep:

Ons sien mekaar hierdie Sondag, 23 Augustus, om 18:00 in die Jeugsaal.

Ons gaan saam gesels oor die Verbinteniskamp wat voorlê en al die belangrike reëlings deurgaan. Alle ouers word ook hartlik uitgenooi om saam te kom.


Jong Volwassenes Selgroep

Ons Vreemde Volgelinge-reeks gaan voort! Hierdie keer staan ons stil by Saggeus. Ons sien mekaar 25 Augustus om 18:30.

Vir meer inligting, sluit gerus HIER by ons WhatsApp-groep aan.


ADMINISTRASIE

administrasie

Vergaderings

Daar is geen vergaderings die week nie.


UITREIK

uitreik

Spens-projek

spens-projek

SORG

Bottel en Bord- 20 Augustus 2026

Ons Bottel en Bord-geleentheid op 20 Augustus 2026 was ’n reuse sukses. Cilliers Brink was ons gasspreker en het die gehoor toegespreek oor die konteks waarbinne ons vandag leef. Baie dankie aan almal wat deel was van hierdie spesiale geleentheid!

Wild en Wakker Lentefees

Die Wild & Wakker Lentefees

By die Wild & Wakker Lentefees wag daar lekker kos en hope pret vir die hele gesin!

Geniet ook stalletjies, kinderaktiwiteite, ’n veiling, lekker eetgoed en nog baie meer!

📅 5 September 2026

📍 NG Monumentpark

Bring die familie, nooi jou vriende en kom geniet ’n lekker Lente-kuier saam met ons!

Kaartjie verkope sluit 01 September.

Custom HTML/CSS/JavaScript

6 September Lentesangdiens en Pretoria Mannekoor

Noot vir Nood


SINODEBRIEF

Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

noordsin

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.


SLOTBOODSKAP

Slotboodskap

Met nuwe planne, groot drome en belangrike besluite lê ’n opwindende nuwe hoofstuk vir ons gemeente voor. Mag ons saam met geloof en dankbaarheid uitsien na alles wat voorlê.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Back to Blog