Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 20 Februarie

February 20, 20264 min read
in ons gemeente
loodglas


In hierdie uitgawe van iM-pak:

• Brief: Ds. Lizl-Louise Schoeman

• Eredienste

• Geloofsvorming

• Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):


BRIEF

Lydenstyd: Een van Ons

brief

Die afgelope week het ons Aswoensdag gevier—’n dag wat die begin van Lydenstyd merk. Veertig dae waarin ons dieper kyk en eerliker voor God staan.

Die bekende Nederlandse kunstenaar, Rien Poortvliet, het in sy boek He Was One of Us, ’n unieke uitbeelding van die kruistoneel gemaak. In hierdie toneel van Golgota, doen Poortvliet iets fassinerend: hy wys nie vir Jesus nie. Hy kies eerder om vir ons te wys hoe óns is.

As mens na daardie gesigte in die skare kyk, sien jy ’n spieël van die mensdom: daar is verwarring, rou skok, iemand wat sy hande in desperaatheid omhoog gooi, en selfs mense wat net daar staan en staar asof dit ’n alledaagse gebeurtenis is. Die massiewe, donker balk van die kruis sny reg deur die prentjie—en simbolies regdeur die lewe van elke mens wat daar staan. Dit dwing ’n keuse af.

Hoekom tref dit my so? Die titel van sy boek sê alles: Hy was een van ons. ‘n Herinnering dat Jesus in die stof, die sweet en die geraas van die gewone lewe gekom het. En daarom vir ons almal. Hy was hier tussen mense wat Hom nie verstaan het nie, mense wat vir Hom gelag het, en mense wat Hom innig liefgehad het.

As ek na hierdie gesigte kyk, wonder ek: Waar sou ek gestaan het? Is ek die een met die vrae? Is ek die een wat hartseer is, of dalk die een wat te besig is met my eie dinge om regtig te sien wat hier voor my gebeur?

Mag ons in die weke wat kom, die moed hê om nie weg te kyk nie, maar om saam met Hom in die stof van ons eie realiteit te loop. Oop en eerlik. Mag ons opnuut ontdek wat dit beteken dat Hy een van ons geword het.

Ds.Lizl-Louise Schoeman


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

preek

Erediens: Sondag, 22 Februarie 2026, 9:00vm.

  • Prediker: Ds. Lizl-Louise Schoeman

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie en Groeigroep

bybelstudie

BYBELSTUDIE

Tyd: Woensdae om 9:00

Plek: Jeugsaal

Bybelstudie

GROEIGROEP

Tyd: Woensdae om 18:00

Plek: Konferensielokaal

Groeigroep

Kleuterkerk en jeuggroepe

Die kinderkerk en jeuggroepe se les het laas week gefokus op Johannes 8:12 waar Jesus sê: “Ek is die lig vir die wêreld.” Ons het saam gesels oor hoe ons in Sy lig kan leef en hoe Jesus se voorbeeld vir ons leiding gee in ons daaglikse lewe. Die kinders het die aktiwiteit baie geniet en dit was kosbaar om hul entoesiasme te beleef.

GF1

gf2

gf3

gf4

Ons sien julle almal weer die komende Sondag!

Hierdie komende Sondag fokus ons op Johannes 10:1–18, waar Jesus twee sterk beelde gebruik om Homself te beskryf: “Ek is die deur” en “Ek is die goeie herder.”

Indien jy en/of jou gesin in die komende week verder hieroor wil nadink en saam gesels, kan julle van die volgende huisgeloof gebruik maak:

Huisgeloof

Doen saam:

Blinddoek een persoon in die huis. Laat iemand anders hom/haar net met woorde deur die vertrek lei (sonder om aan hulle te raak).

Gesels saam:

Hoe het dit gevoel om iemand anders se stem te moet vertrou?

Was dit maklik of moeilik om te volg?

Lees saam:

Lees Johannes 10:1–18.

Dink saam:

  • Waarom dink julle gebruik Jesus die beeld van ’n herder?

  • ⁠Wat beteken dit dat Jesus nie net ’n herder is nie, maar die goeie herder?

  • ⁠Jesus sê die goeie herder ken Sy skape en die skape ken Sy stem. Hoe kan ons vandag leer om Sy stem te volg?

  • ⁠Wat beteken dit vir jou om te weet dat Jesus jou naam ken en vir jou omgee?

Sluit dan af met gebed.

gebed

Verbintenisgroep en Matrieks: Op reis met die Bybel

geloofreis

Jong Volwassenes Selgroep

As jy ’n jong volwassene is tussen 18 en 35, nooi ons jou graag uit om deel te word van ons jong volwassenes se selgroep wat op 24 Februarie afskop. Dis ’n ruimte waar ons saam kuier en ook saam dink oor geloof en die Bybel.

jongvolwassenes

As jy meer wil weet, sluit gerus HIER aan op die WhatsApp-groep.

jong volwassenes


administrasie

Bedieningsvergaderings

Vergaderings


sorg

spensprojek

wat om te bring

tee


Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Lees gerus die Noordelike Sinode in die week se nuusbrief.

noordsin

Lees die Noordelike Sinode se weeklikse nuusbrief HIER


Slotboodskap

Mag hierdie Lydenstyd ons herinner dat Jesus werklik een van ons geword het. Ons nooi jou om saam te groei in geloof, deel te wees van eredienste en groepe en verbind te bly aan ons geloofsgemeenskap. Dankie vir jou betrokkenheid.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog