
iM-pak Nuusbrief 2 Oktober 2026


iM-pak Nuusbrief 2 Oktober 2026
BRIEF
Brief
Die klein oomblikke
Dis Erfenisdag. 'n Koelerige dag in Mosselbaai, met die wind wat pluk-pluk aan jou hare. Dit lyk nie of dit iemand pla nie. Op die rooster lê vars snoek wat stadig oor die kole gaar word. Iemand vertel 'n storie wat almal al gehoor het, maar ons lag in elk geval.
Dit was een van die kosbaarste oomblikke van die vakansie. Nie net die mooi van Boggomsbaai en die Kaapse strande nie, maar om só saam met familie te sit, seelug in te asem en mekaar in die oë te kyk. Om sommer net te onthou wie jy is, waar jy vandaan kom en aan wie jy behoort.
Rondom 'n vuur.
Dit het my opnuut laat besef hoe kosbaar die klein oomblikke is. Die eenvoud. Die mooi.
Wanneer die kwartaal volgende week afskop, wil ek dit onthou: om tyd te maak hiervoor, want dis waar jy weer mens word. Dit is dalk nie toevallig nie dat Jesus ná die opstanding op die strand vuurgemaak en vis oor die kole gebraai het (Johannes 21). Hy het 'n klomp deurmekaar dissipels nader geroep en net gesê: "Kom eet." Hier is plek vir julle elkeen.
So, kom ons pak die hout. Skuif nader aan die kole.
Met genoeg plek vir nog 'n stoel.
Ds. Lizl-Louise Schoeman

BEDIENINGSNUUS


Erediens
Erediens: Sondag, 4 Oktober 2026, 9:00vm.
Prediker: Ds. Lizl-Louise Schoeman
Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.
Aanlyn bydraes:
Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.
GELOOFSVORMING

Bybelstudie en Groeigroep

Kleuterkerk en Jeuggroepe
Ons sien mekaar weer die 18de Oktober.
Verbintenisgroep
11 Oktober 2026: Geloofsverbintenis en Nagmaal.
Jong Volwassenes Selgroep
Ons sien mekaar weer Dinsdag, 6 Oktober, om 18:30.

Vir meer inligting, sluit gerus HIER by ons WhatsApp-groep aan.
ADMINISTRASIE

Vergaderings
Die Wild en Wakker Feesvergadering is Dinsdag, 6 Oktober, om 18:00 in die Konferensielokaal.
UITREIK

Spens-projek


Vakansieprojek: 28 September 2026 – 1 Oktober 2026.
Dié vakansieprojek was ’n reuse sukses en ’n fantastiese week vir die kinders! Baie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het.
SORG

Wild en Wakker Lentefees
Die Wild & Wakker Lentefees
Die Wild en Wakker Lentefees vind op Saterdag, 10 Oktober 2026, plaas. Dit gaan ’n onvergeetlike dag wees en ons sien uit daarna om jou te verwelkom!
🎟️ Kaartjieverkope sluit op 6 Oktober 2026.
Dankbaarheidsmaand

SINODEBRIEF
Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.
SLOTBOODSKAP
Slotboodskap
Mag ons in die week wat voorlê ruimte maak vir die klein oomblikke in ons lewe. Ons sien uit daarna om ons Wild en Wakker Lentefees saam te vier op 10 Oktober – daar is altyd plek vir nog ’n stoel.
Tot volgende keer!
Ds. Lizl-Louise Schoeman
