Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 2 April

April 02, 20264 min read
in ons gemeente
loodglas

In hierdie uitgawe van iM-pak:

• Brief: Aldi Serfontein

• Eredienste

• Geloofsvorming


BRIEF

Wat het Paasfees met die prys van eiers te doen?

Dit begin elke jaar amper onopsigtelik.

Eers ‘n rak hier en daar. Dan ‘n hele eiland in die winkel. Skielik is dit oral: blink papiertjies, sagte pastelkleure, mandjies wat oorloop. Paaseiers.

Ons koop dit, gee dit en eet dit. En tog, iewers tussen dit alles, bly daar ‘n vraag wat selde gevra word: Wat het Paasfees met die prys van eiers te doen?

Die kommersiële gedreun rondom Paasfees maak dit moeilik om in te dink dat die paaseier eintlik ‘n storie vertel wat niks met verkope te doen het nie. Tog gaan dit oor veel meer as net ‘n seisoenale bederf; hierdie eenvoudige gebruik dra ‘n ryker geskiedenis as wat ons dikwels besef.

Die gebruik om paaseiers te verf en te versier kan reeds tot in die 13de eeu teruggevoer word. In daardie tyd was eiers een van die kossoorte wat streng verbied is tydens die vastyd (die 40 dae voor Paasfees). Omdat hoenders egter nie opgehou eiers lê het nie, is die eiers gekook om hulle te bewaar.

Wanneer Paassondag uiteindelik aanbreek en die wagtyd verby is, het hierdie eiers ‘n besondere plek ingeneem. Dit was van die eerste kos wat weer geëet is en het deel geword van die feesvieringe - veral vir mense wat nie vleis kon bekostig nie.

Vir mense in daardie tyd het die eier egter meer geword as net kos wat opgegaar is. Vroeë Christene het die eier aangeneem en die betekenis daarvan verander om die opstanding van Jesus Christus te verteenwoordig. Hulle het iets in die natuur begin raaksien wat hul geloof help verwoord het:

Die harde dop van die eier is gesien as ‘n metafoor vir die verseëlde rotsgraf waarin Jesus neergelê is. Aan die buitekant lyk ‘n eier gesluit, stil en amper dood. Daar is niks wat dui op beweging of lewe nie. Net soos ‘n kuiken uiteindelik die dop breek om lewendig te verskyn, simboliseer die “breek” van die eier hoe Jesus die bande van die dood verbreek het.

Mag dit vir jou, wanneer jy hierdie tyd van die jaar ‘n paaseier sien, eet en geniet ‘n eenvoudige herinnering wees: die kruis het soos die einde gelyk, en die graf soos ‘n doodloopstraat. Maar juis daar, in en deur die dood van Jesus Christus, het God nuwe lewe begin - ‘n lewe wat nie deur die dood gestop of vasgehou kon word nie.

Dalk help hierdie eenvoudige beeld ons om weer te onthou dat die laaste woord nie aan die dood behoort nie, maar aan die lewe.

Aldi Serfontein

eiers


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

preek

Goeie Vrydag Nagmaalsdiens om 9:00 - trek donker klere aan. Opstandingsondagdiens om 9:00 - trek wit of helder klere aan en bring blomme saam kerk toe.

paasdiens

Goeie Vrydag en Nagmaal, 3 April 2026, 9:00vm.

  • Ds. Lizl-Louise Schoeman

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

droomdraers

• Opstandingsondagdiens: Sondag, 5 April 2026, 9:00vm.

  • Ds. Lizl-Louise Schoeman

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie en Groeigroep

BYBELSTUDIE

bybelstudie

GROEIGROEP

groeigroepe


Kleuterkerk en jeuggroepe

Ons sien almal weer op 12 April 2026.

Verbintenisgroep

verbintenis

Hierdie komende Sondag kom ons nie bymekaar nie - ons hervat weer op 12 April 2026.

Jong Volwassenes Selgroep

Ons het Paasfees gevier… maar wat nou? Kom gesels saam oor wat die opstanding beteken vir ons elke dag. Ons gaan ook bepaal watter paaseier-maak die beste smaak.

Dinsdag, 7 April om 18:30 in die Konferensielokaal.

jong volwassenes

As jy meer wil weet, sluit gerus HIER aan op die WhatsApp-groep.


administrasie

Bedieningsvergaderings

Daar is geen vergaderings die week nie.


Uitreik

Uitreik

spensprojek

wat om te bring

Vakansieprojek 2026

Ons Vakansieprojek (30 Maart – 2 April 2026) sluit vandag af – baie dankie vir al die wonderlike bydraes en ondersteuning!

Ons sien uit daarna om volgende week foto’s en terugvoer met julle te deel.


geluk

Verjaarsdae – Personeel

Ons wens Eranee De Beer (ons pianis) hartlik geluk met haar verjaarsdag. Mag dit ’n geseënde jaar wees.


Slotboodskap

Mag jy hierdie Paasnaweek opnuut die betekenis van Jesus se kruis en opstanding beleef. Geniet die Paastyd saam met jou hartsmense en mag dit vir julle ’n geseënde tyd wees.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog