
iM-pak Nuusbrief 19 Junie


iM-pak Nuusbrief 19 Junie
BRIEF: Dr. James Kirkpatrick
Brief
Die kerk van vandag
Ek dink ons kan iets by die Skotte leer.
Ek is ʼn Skot. Die Kirkpatricks het selfs sedert 1232 ʼn kasteel in Skotland wat Koning Alexander II vir ons gegee het, alhoewel dit vir my meer na ʼn ou poskantoor as ʼn kasteel lyk. Ene James Kirkpatrick het in 1783 dié gesogte eiendom verkoop en so was dit verlore vir die familie totdat ʼn meer verantwoordelike Luis Kirkpatrick dit so onlangs as 1981 weer vir die Kirkpatricks terug gekoop het.
En vanjaar het die Skotte na baie jare weer ʼn span by die sokker Wêreldbeker. Tans is hulle nr. 1 in hulle groep na ʼn oorwinning oor Haiti (soos ʼn goeie Skot laat ek na om te sê dat daar nog net een wedstryd in die groep gespeel is). Die Skotte in Boston (VSA) het hieroor groot fees gevier. Na berig word het hulle twee van die bekende kuierplekke in Boston leeg gedrink en die bekende Fenway Park (Bofbal-landmerk in die VSA) op horings geneem!
Dit is nou ʼn lang aanloop om te sê dat ek ʼn bewondering vir die Skotte het. Nie omdat hulle so intens kuier dat die voorrade opraak nie. Nee, ek bewonder hulle lojaliteit. Hulle is nie waffers in sport nie. Meeste van die tyd verloor hulle selfs die rugby op hulle tuisveld Murrayfield. Maar wedstryd na wedstryd is die Skotte daar om met oorgawe “Flower of Scotland” te sing. Dit is nie dat wen nie vir hulle belangrik is nie. Dit is! As ʼn skot betaal het om die wedstryd te sien, is ʼn wen eerste prys. Mens moet immers waarde vir jou geld kry. Maar daar is iets wat dieper lê as wen. Wat is dit? Ek verstaan nie die helfte van die woorde van “Flower of Scotland” nie, maar dit is roerend mooi. Wat is dit?
Lojaliteit? Ubuntu? Identiteit? Vasbyt?
Ek dink ons kan iets by die Skotte leer.

Dr. James Kirkpatrick
BEDIENINGS NUUS

Erediens

Erediens: Sondag, 21 Junie 2026, 9:00vm.
Prediker: Dr. James Kirkpatrick
Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.
Aanlyn bydraes:
Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan
GELOOFSVORMING


Kleuterkerk en jeuggroepe
Met die afsluiting van die kwartaal die komende Sondag, fokus ons hierdie week op Genesis 4.
Indien jy en/of jou gesin in die komende week verder hieroor wil nadink en saam gesels, kan julle van die volgende huisgeloof gebruik maak:
Huisgeloof
Gesels saam:
• Wie in julle gesin raak die vinnigste kwaad?
• Waaroor sit julle die meeste vas in die huis?
Lees saam:
Genesis 4:1–16
Dink saam:
• Hoekom dink julle het Kain so kwaad geword?
• Was daar al 'n keer wat iets vir jou onregverdig gevoel het? Wat het jy toe gedoen?
• Wat beteken dit dat ons nie altyd kan kies wat met ons gebeur nie, maar wel kan kies hoe ons reageer?
• Wat dink julle beteken dit om goed te doen bloot omdat dit goed is?
Doen saam:
Neem hierdie week doelbewus waar wanneer jy gefrustreerd of kwaad raak. Dink daarna terug: Hoe het jy gereageer? Sou jy volgende keer iets anders wou doen?
Sluit af met gebed.

Verbintenisgroep:
Ons volgende samekoms is die 26ste Julie om 18:00 in die Jeugsaal.

Jong Volwassenes Selgroep
Ons kom Dinsdag 23 Junie om 18:30 weer bymekaar. Hierdie week gesels ons oor Lukas 10 met ’n fokus op Marta.

As jy meer wil weet, sluit gerus HIER aan by die WhatsApp-groep.
ADMINISTRASIE

Vergaderings
Geen vergaderings die komende week nie.
UITREIK

Spens-projek


Vakansieprojek

Vadersdag: 21 Junie 2026
Sondag vier ons Vadersdag. Ons sê dankie aan al die pa’s en vaderfigure wat met liefde, wysheid en toewyding ’n verskil maak in die lewe van ander. Mag julle dag gevul wees met waardering, vreugde en seën.
Gelukkige Vadersdag!

SINODEBRIEF
Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.
SLOTBOODSKAP
Slotboodskap
Met die einde van die kwartaal in sig, kry ons die geleentheid om vir ’n oomblik stil te staan, dankbaar terug te kyk op die pad wat ons gestap het en met nuwe moed vorentoe te beweeg.
Seënwense vir die week wat voorlê, en ’n geseënde Vadersdag aan al ons pa’s en vaderfigure.
Ds. Lizl-Louise Schoeman
