Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 17 Oktober

October 17, 20254 min read
in ons gemeente
loodglas

In hierdie uitgawe van iM-pak:

• Brief: Ds. Lizl-Louise Schoeman

• Dankbaarheidsmaand: Erediens Ds. Lizl-Louise Schoeman, 19 Oktober om 09h00

• Geloofsvorming

• Vakansieprojek: 6–9 Oktober 2025

• Nuwe lidmaat kuier

• Bottel-en-bord

• Lig op die Horison


BRIEF

“What if it all works out?”

Mel Robbins vra in een van haar podcasts hierdie eenvoudige vraag. Dit kan klink na optimisme, maar dis eerder ’n ander manier van dink — ’n klein skuif van “Wat as alles skeefloop?” na “Wat as dit goed eindig?” Die ding is: ons breine is van nature bedraad om gevaar raak te sien, nie geleenthede nie. Dis deel van ons oorlewingsinstink.

Toets dit maar –

Jy stuur vir iemand ’n boodskap en hulle antwoord nie: “Seker kwaad vir my.”

Jy hoor ’n geluid in die motor: “Dis klaar met die enjin.”

Jy voel ’n steek in jou rug: “Hier is dit nou. Seker iets ernstig.”

Maar wat as dit nie is nie? Wat as alles waaroor jy bekommer en jou gedaan stres wel uitwerk? In Romeine 8 hoor ons iets hiervan eggo : “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet...”

Nie ‘n waarborg vir ‘n gemaklike lewe sonder moeilikheid nie. Nie ‘n versekering dat ons alles gaan kry soos ons dit wil hê nie. Net die wete dat die lewe saam met God altyd potensiaal het om goed uit te werk. En dat ons in ons gestoei, nooit alleen sal wees nie.

Dalk kan jy hierdie week dié sin oefen soos ’n gebed:

Wanneer jy wakker lê oor jou kind: What if it all works out?

Wanneer jy wonder oor jou werk of jou gesondheid: What if it all works out?

Steeds nie ‘n waarborg nie, maar ‘n herinnering aan die Een wat by jou is is, voor die antwoord kom, binne-in die spanning.

What if it all works out is nie sekerheid nie — dis vertroue. Dis om te sê: “Ek weet nie hoe nie, maar ek weet Wie. En dis vir nou genoeg.”

Ds. Lizl-Louise Schoeman


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

Ons vier hierdie maand as Dankbaarheidsmaand – ’n tyd om stil te staan en dankbaar te wees vir alles wat ons ontvang.

rom12

  • Sondag 19 Oktober om 09h00: Erediens: Rom 12:1-2

  • Prediker: Ds. Lizl-Louise Schoeman

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie

bybelstudie

Groeigroep

groei


Jeuggroepe

Ons sien mekaar weer op 19 Oktober – ons sien uit daarna.

Kleuterkerk

Ons kan nie wag om ons kleuters Sondag, 19 Oktober, om 9:00 te sien in die Gasvryheidslokaal nie.


dagboek 2
administrasie

Bedieningsvergaderings

vergaderings


sorg

Moncare

spens

spens


Vakansieprojek: 6 Oktober 2025 – 9 Oktober 2025.

Die vyfde vakansieprojek wat deur MonCare aangebied is, het van 6 tot 9 Oktober 2025 plaasgevind en dit was weereens ’n groot sukses.

Ses graad 7-dogters uit die Wolmer-omgewing het die week saam met die MonCare-span deurgebring. Die kinders, wat dikwels uitdagende omstandighede ervaar, het hierdie vier dae in ’n veilige, liefdevolle omgewing deurgebring waar hulle eenvoudig weer kind kon wees.

Elke dag was gevul met aktiwiteite, speletjies, gesels en lag – en natuurlik is hulle bederf met twee heerlike maaltye per dag, asook lekkernye, vrugte en koeldrank.

Benewens die lekker kuier en speletjies het die program ook ’n terapeutiese en voorkomende fokus gehad. Die dogters is ondersteun in die verwerking van trauma, het geleer oor gesonde grense, en is toegerus met verhoudingsvaardighede en kennis oor selfrespek en selfbeeld. Daar is ook eerlik gesels oor die gevare van substansmisbruik en tienerswangerskappe, en hoe om gesonde keuses te maak.

’n Groot dankie aan elke lidmaat wat hierdie projek moontlik gemaak het deur donasies, kos, lekkernye, bederfpakkies en ondersteuning. Die oorblywende kos en lekkernye is met dankbaarheid saam met die kinders huis toe gestuur.

MonCare waardeer die gemeente se volgehoue betrokkenheid en omgee – sonder julle sou hierdie waardevolle projek eenvoudig nie kon plaasvind nie. Julle maak ’n tasbare verskil in die lewens van kinders wat dit regtig nodig het.

Baie dankie aan almal wat gegee, gehelp en saamgewerk het om hierdie week só besonders te maak!

Petro Barnard

foto

foto

foto

foto

foto

foto

foto

foto

foto

foto

foto

foto

foto

foto

foto

foto


Nuwe Lidmate Kuiergeleentheid

Ons sien met groot opgewondenheid uit na Sondag, 19 Oktober, wanneer ons ná die erediens saam ’n gesellige kuiergeleentheid hou.

foto


Bottel en Bord – 6 November 2025 om 18:00

Trek jou dagboek nader, want Roland Henwood kom gesels. Tema: Die konteks waarin ons leef.

Almal is baie welkom. Bring jou eie eet- en drinkgoed en geniet ’n aangename aand saam met Roland.

roland

bottel en bord


lig op die horison

Lig op die Horison

Ons eie Richard en Eranee is betrokke by dié musiekaand.

25 Okt 2025 | 18:00 | Skuilkrans, Pretoria ’n Simfoniese musiekaand met Croons Collective, Monique Steyn , Pretoria Mannekoor & Constantia Park Laerskool Senior Koor.

Musiek wat lig en hoop bring – moenie dit misloop nie.

https://www.quicket.co.za/events/309824-lig-op-die-horison/


Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

noordsin

Lees die Noordelike Sinode se weeklikse nuusbrief HIER


Slotparagraaf

Terwyl ons hierdie uitgawe van iM-pak afsluit, word ons herinner aan hoop en vertroue: selfs in onsekerheid kan ons sê, “What if it all works out?” In alles wat ons saam doen, in eredienste, projekte en saamkuier - sien ons hoe klein dade van omgee en betrokkenheid ’n groot verskil maak. Mag hierdie maand van dankbaarheid ons inspireer om lig, liefde en hoop uit te dra.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog