
iM-pak Nuusbrief 17 Julie


iM-pak Nuusbrief 17 Julie
BRIEF
Brief
Ja en Nee
Volgende week begin die nuwe kwartaal. Almal is terug van vakansie, en dis lekker - die energie is anders, mense kuier na kerk, die plek voel vol lewe. Dis 'n goeie tyd om te vra: waarvoor wil ek hierdie kwartaal ja sê?
Want saam met die nuwe begin kom ook 'n ou strik: ons begin sommer weer ja sê vir alles. Die skool. Die WhatsApp-groepie. Die "kan jy nie net...". En voor ons ons oë uitvee, sit ons met 'n klomp ekstra goed - en min plek oor vir die ja's wat regtig saak maak.
Het jy al agtergekom hoe moeilik dit is om van enige iets op sosiale media te "unsubscribe"? Om in te teken is een klik. Vinnig, maklik, klaar. Om uit te kom? Dis 'n heel ander storie. Eers 'n vorm wat wil weet hoekom. Dan 'n lys redes waarvan nie een pas nie. Later 'n prentjie van 'n hartseer hond wat vra: "Is jy regtig seker?" En dan 'n laaste aanbod, net vir jou, voordat die regte knoppie - die een wat sê unsubscribe - eindelik opdaag.
Dit voel vir my of dit op meer plekke so werk. Om ja te sê, kos niks. Net 'n knik, 'n "ja, ek sal gou," en jy's in. Om weer uit te kom, vra meer. Soms 'n gesprek, skuldgevoelens, en party keer baie tyd.
In Markus lees ons van 'n oggend toe Jesus vroeg opstaan en op 'n stil plek gaan bid het. Sy dissipels kom soek Hom: "almal soek U." Dit klink gewigtig - die hele dorp wat ja wil hê. En Jesus sê nee. Nie omdat Hy nie omgee nie, maar omdat sy nee daardie oggend die regte nee was. Sy nee het gemaak dat Hy kon ja sê vir waarheen Hy werklik op pad was.
Dis presies hoekom ek van die sinnetjie hou: Nee is 'n volsin. Nie "nee, want ek is so moeg." Nie "nee, maar ek voel verskriklik skuldig." Net: nee. Klaar. Nie omdat nee die doel is nie - maar omdat dit die pad oopmaak vir 'n ja wat regtig saak maak.
Ek weet dit is partykeer makliker gesê as gedoen: veral as jy nooit nee sê nie, of dink alles gaan uitmekaar val sonder jou, of voel dat dit darem net te sleg lyk.
So, voor die eerste vergadering hierdie kwartaal, voor die eerste versoek op jou foon: kom ons gaan dink eers weer - waarvoor wil ek hierdie kwartaal ja sê? Waar wil ek uitkom? Dan word dit makliker om nee te sê vir alles wat ons nie daar help kom nie.
Iemand het my eenkeer vertel: jou eerste nee is jou beste nee. Jy weet wanneer jy moet ja sê en wanneer nee beter sal wees. Vertrou daardie gevoel - en gaan sê ja, hierdie kwartaal, vir die dinge wat regtig saak maak.
Ds. Lizl-Louise Schoeman
BEDIENINGS NUUS

Erediens

Erediens: Sondag, 19 Julie 2026, 9:00vm.
Prediker: Aldi Serfontein
Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.
Aanlyn bydraes:
Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan
GELOOFSVORMING


Kleuterkerk en jeuggroepe


Verbintenisgroep:
Ons volgende samekoms is die 26ste Julie om 18:00 in die Jeugsaal.

Jong Volwassenes Selgroep
Hierdie Dinsdag, 21 Julie, om 18:30, gaan ons Ten Pin Bowling speel! Vir meer inligting, sluit gerus HIER by ons WhatsApp-groep aan.
Merk sommer ook die volgende datums in jou kalender:
• 28 Julie - Reeks
• 5 Augustus - Burger Special @ Capital Craft
• 12 Augustus - Quiz Night @ Railways Café
• 25 Augustus - Reeks
• 1 September - Bring-en-Braai by die kerk
• 8 September - Reeks
• 15 September - Pizza en Wyn
• 22 September - Reeks
• 29 September - O Perri Perri Portugese Aand
• 6 Oktober – Reeks
• 13 Oktober - Putt-Putt
ADMINISTRASIE

Vergaderings
Die Wild en Wakker Lentefeeskomitee vergader op 21 Julie om 18:00.
Moncare, Diensraad Uitreik, vergader op 20 Julie om 18:00
UITREIK

Spens-projek


Wild en Wakker Lentefees

Die Wild en Wakker Lentefees is elke jaar een van die hoogtepunte op NG Monumentpark se kalender – en die hart van die fees is sonder twyfel ons Deli!
Vanjaar droom ons groter en wil ons die Deli nóg beter maak. Daarom doen ons graag 'n beroep op die gemeente om deel te word van hierdie spesiale projek deur middel van skenkings, donasies of items wat dalk net stof vergaar in die huis, maar 'n nuwe doel by die Lentefees kan kry.
Elke bydrae, groot of klein, help ons om die Deli 'n sukses te maak en dra by tot die besondere atmosfeer van die dag.
Indien jy graag meer wil uitvind oor hoe jy 'n bydrae kan lewer, kontak gerus HIER vir Ingrid by 072 595 3338 of kliek op die skakel om by die Whatsapp-groep aan te sluit:
Visrivier Staptoer

Hot Mikado

SINODEBRIEF
Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.
SLOTBOODSKAP
Slotboodskap
Terwyl die nuwe kwartaal wink, onthou: "Nee is 'n volsin." Geniet die laaste dae van die vakansie en mag jy met vars moed die nuwe kwartaal aanpak.
Tot volgende keer!
Ds. Lizl-Louise Schoeman
