
iM-pak Nuusbrief 16 Oktober 2026


iM-pak Nuusbrief 16 Oktober 2026
BRIEF
Brief
Sinode – om te wat?
Ek kan dink dat die gemiddelde lidmaat nie veel aandag aan die kerk se vergaderings en strukture gee nie. Wat doen ʼn sinode en hoe is dit anders as die werk van die Ring? Daar is ʼn mooi storie hieroor. Die tannie in die tehuis vir bejaardes wou by die jong dominee weet wat doen hulle by ʼn sinode. Hy was nie lus vir ʼn lang verduideliking nie en sê toe kortaf: “Dit is die plek waar ons preke uitruil.” Haar antwoord hierop het hom op sy plek gesit: “Ds., jy moet mooi kyk, ek dink hulle kul jou, want jy kry al die swakkes!”
Die komende week van Sondag 18 Oktober tot Donderdag 22 Oktober ruil die dominees weer preke uit! Dit is sinodetyd vir die Noordelike Sinode. Die Sinode bestaan uit 100 gemeentes wat in 16 Ringe gegroepeer is en die noordelike deel van ons land en ook Zimbabwe dek. Groot stadsgemeentes en klein plattelandse gemeentes kom saam om saam te dink oor hulle roeping in die wêreld. Dit is regtig ʼn inspirerende ervaring om te ervaar dat ons saam aan die Here en mekaar verbind is. Daar is ʼn ou stelreël wat dit mooi sê. Elke gemeente is heeltemal kerk, maar geen gemeente is die hele kerk nie. Ons het mekaar nodig.
Behalwe dat ons as gemeente by die Sinode betrokke is, is daar in Monumentpark se geval so persoonlike kleurtjie by. Ons eie Ds. Lizl-Louise is die voorsitter van die vergadering en sy lei ook die erediens waarmee die Sinode Sondagaand open. Om die Sinode te lei, is ʼn groot verantwoordelikheid wat sy die afgelope termyn met onderskeiding gedoen het.
“Lizl-Louise, ons sê dankie vir wat jy vir Monumentpark en die breër kerk beteken. Jy is ʼn gawe van die Here aan ons.”
Dr. James Kirkpatrick

BEDIENINGSNUUS


Erediens
• Erediens: Sondag, 18 Oktober 2026, 9:00vm.
Prediker: Dr. James Kirkpatrick
Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.
Aanlyn bydraes:
Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.
GELOOFSVORMING

Bybelstudie en Groeigroep

Kleuterkerk en Jeuggroepe
Die kleuterkerk en jeuggroepe begin weer hierdie Sondag, 18 Oktober.
Jong Volwassenes Selgroep
Vir meer inligting, sluit gerus HIER by ons WhatsApp-groep aan.
ADMINISTRASIE

Vergaderings
Die Noordelike Sinodesitting vind van 18 tot 22 Oktober 2026 plaas.
UITREIK

Spens-projek


SORG

Wild en Wakker Lentefees
Die Wild & Wakker Lentefees
Die Wild en Wakker Lentefees was ’n reuse sukses. Dit was ’n heerlike dag vol kuier, lekker eetgoed en hope pret vir die hele gesin.

















Nuwe Lidmate-funksie

Dankbaarheidsmaand

Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.
SLOTBOODSKAP
Slotboodskap
Baie dankie aan almal wat saamgekuier en bygedra het om die Wild en Wakker Lentefees ’n reuse sukses te maak! Dit is lekker om as geloofsfamilie saam te bou en te groei.
Tot volgende keer!
Ds. Lizl-Louise Schoeman
