Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 16 Januarie

January 16, 20264 min read
in ons gemeente
loodglas


In hierdie uitgawe van iM-pak:

• Brief: Dr. James Kirkpatrick

• Eredienste

• Geloofsvorming

• Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil)


BRIEF

Die laaste spyker in doodskis

Tim du Plessis het by geleentheid (Februarie 2023) in Rapport geskryf oor die Gereformeerde Kerk (Doppers) se besluit oor vroue wat nie in die kerklike ampte van leraar, ouderling en diaken kan dien nie. Toe ek in Januarie weer lees van die Doppers se jongste besluite oor die saak het ek sy stuk gaan opdiep.Hy skryf daarin oor die onsinnige (my woord) besluit om vroue uit te sluit van enige proses van besluitneming in die kerk. Die teologiese koers van die kerk word net deur stuurmanne bepaal. Die beste stuurvroue staan aan wal.

Terwyl ek die berigte lees, wonder ek hoe my vrouekollegas in die NG kerk voel as hulle hoor dat daar geen Bybelse gronde is vir wie hulle is en wat hulle doen nie. Onwillekeurig dink ek aan die deurslaggewende bydrae wat hulle in die kerk maak. My huidige kollega Lizl-Louise is Moderator van die Noordelike Sinode. Verkies tot die rol deur manne en vroue wat haar vertrou om leiding te gee. En sy doen dit uitstekend terwyl haar eie gemeente ‘n diep waardering vir haar pastoraat en prediking het. My vorige kollega in Stellastraat, Fay van Eeden, speel ‘n groot rol in ekumeniese kringe in Afrika en het al betekenisvolle bydraes op die gebied van die kerk en ekologie gemaak. Ek het Bernice Serfontein sien ontwikkel van gemeentejaarstudent tot die leier wat sy tans in haar gemeente (Waterkloof) en in die sinode is. Sy is een van ons jong teoloë waarsonder die kerk baie armer sal wees. Marina van der Linde van Ooskerk het met haar deurleefde kennis van meditatiewe spiritualiteit talle mense se lewens ten goede geraak. In ons buurgemeente is Nicole Hamman-Forrest die enigste leraar en sy is geliefd en gewaardeer onder die mense.

burger

Hierdie lysie van name is beperk tot kollegas wat klipgooi-afstand is. En ek het nog nie eers gepraat oor wat Marinda van Niekerk by PEN doen nie. Daar is dus baie meer. Dank Vader (letterlik) dit is nie die NG kerk se standpunt nie. Maar nadat ek dit gesê het, kan ek nie anders as om te wonder of NG-lidmate verstaan waarom dit nie ons standpunt is nie. Van die berigte oor die Doppers se besluite het die teksverse uit Korinthiërs en Timoteus prominent geplaas. By die eerste lees van dié tekste is dit duidelik waar die Doppers vandaan kom. Die Bybel (Here?) sê oënskynlik vroue word nie toegelaat om te praat nie (1 Kor 14:34) en sy mag nie onderrig gee of oor die man regeer nie (1 Tim 2:11-14) Dit is nou as jy die kulturele konteks van die tekste ignoreer. As ons in gedagte hou dat dit was hoe hulle in die algemeen die verhouding man-vrou gesien het, besef jy dat ons nie hier met tydlose uitsprake oor die rol van die vrou in die kerk te doen het nie. Net so min as wat ons vandag glo die aarde is plat en staan op pilare (die denke van daardie tyd), net so min is hierdie tekste normatiewe uitsprake oor vrouens in die kerk.

Dit val my juis in Tim du Plessis se stuk op dat hy homself beskryf as “’n Dopper wat nie meer kerk toe gaan nie.” Dit is noodwendig wat met mense gebeur as die kerk so ongeloofwaardig raak. Jy behou dalk jou nostalgiese band, maar het nie meer lus vir sulke onsin nie. Dit word dan soos Die Burger se plakkaat sê “Die laaste spyker in die doodskis.”

Dr. James Kirkpatrick


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

happie krismis

Erediens: Sondag 18 Januarie om 9h00

  • Prediker: Ds. Lizl-Louise Schoeman

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.

Nuwejaarsdiens en Nagmaal

Ons nooi jou hartlik uit na ons Nuwejaarsfees op Sondag 18 Januarie 2026 om 9:00 vm.

nuwejaarsdiens
geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie en Groeigroep

Dis amper tyd! Ons Bybelstudie en Groeigroep begin weer op 21 Januarie 2026.

BYBELSTUDIE

Begin weer: 21 Januarie 2026

Tyd: Woensdae om 9:00

Plek: Jeugsaal

GROEIGROEP

Begin weer: 21 Januarie 2026

Tyd: Woensdae om 18:00

Plek: Konferensielokaal

Kom groei saam as gelowiges!

• Spontane gesprekke oor die Bybel.

• ’n Dieper delf deur Jesus se Openbaring aan Johannes.

• ’n Lewe van betekenis, geloof en hoop.

Leef betekenisvol.

bybelstudie

Kleuterkerk en jeuggroepe

Ons Kleuterkerk en Jeuggroepe se registrasie vir 2026 vind plaas op Sondag, 25 Januarie. Ons skop volstoom af op 1 Februarie 2026 – ons sien uit daarna om saam met ons kinders en jongmense te groei!

kleuterkerk

geloofsvorming


administrasie

Bedieningsvergaderings

Begeleiers (Jeuggroepe) vergadering: Woensdag, 21 Januarie 2026, 18:00 in die Familiesaal.


sorg

spensprojekwat om te bring

Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Kyk gerus na Ds. Lizl-Louise se nuwejaarsboodskap aan die Noordelike Sinode in die week se nuusbrief.

noordsin

Lees die Noordelike Sinode se weeklikse nuusbrief HIER


Slotboodskap

Aan die begin van ’n nuwe jaar sien ons met verwagting uit na alles wat 2026 vir ons inhou. Mag dit ’n jaar wees van groei, betekenisvolle ontmoetings en nuwe hoop – waar ons saam leer en saam groei. Dankie dat jy deel is van ons gemeente en van hierdie pad.

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog