Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 18 Augustus

August 15, 20253 min read
in ons gemeente
loodglas

BRIEF VAN DR JAMES KIRKPATRICK

Sportmense en die mikrofoon

Ons het ’n kleindogter wat nou al ’n keer of wat na ’n wedloop ’n onderhoud moes voer. In Engels terwyl jy moeg is en die rekordpoging in jou kop moet verwerk. Sy sê dit is nie maklik nie. Hoe verwoord jy jou vreugde sonder om arrogant te klink? Met haar opmerking in gedagte wonder ek tog of iemand nie aan ons top sportmanne en -vroue moet raad gee oor dié soort onderhoude nie. Veral vir jong sportsterre wat voel om iets van hulle geloof of Christenskap te verwoord. Hoe dit tans meestal gedoen word, kom nie baie geloofwaardig oor nie. Wat sou ’n mens bedoel om na ’n wedstryd te sê “Alle eer aan God!”? Dit is deurgaans net die wenkaptein of wenner van die wedloop wat voor die mikrofoon inskuif met so ’n opmerking. Het die verloorspan nie tot eer van God gespeel nie? Maak net wenners se geloof saak? En presies wat sê die mooi frase eintlik? God is aan wenners se kant? Interessant dat God in die Bybel dikwels mense aan die verloorkant help om dit te verwerk. Ek sien onlangs ’n jong atleet wat Matt. 19v26 op haar arm geskryf het. Die woorde “By mense is dit onmoontlik, maar by God is alles moontlik” leen hulle op die klank af goed as motiveringsslagspreuk voor ’n moeilike wedloop, maar in die konteks van Matt. 19 gaan dit oor hoe mense gered word! “Dit is nie ek nie. Dit is God!” sê die losskakel wat die wenstrafskop deur die pale stuur. Dit net nadat die opponente ’n soortgelyke skop gemis het. Hoe werk God dan? Het God witbroodjies?

Ek sou wat wou gee om met jong sporthelde ’n gesprek hieroor te hê. Dit sal my help om dalk beter te verstaan wat hulle bedoelings is. Dalk help ’n eenvoudige stukkie goeie teologie hulle om met groter geloofwaardigheid oor God te getuig.

Dr James Kirkpatrick


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

ereplek

Sondag 17 Augustus

  •         Prediker: Prof. Willie van Heerden

  •         Teks: Markus 10:35-45

  • Kom woon die diens aanlyn by op Sondag om 09:00.

  • Volg die skakel vir die regstreekse uitsending.

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie
Woensdae | ⏰ 09:00 | 📍 Jeugsaal

Groeigroep
Woensdae | ⏰ 18:00 | 📍 Konferensielokaal

Jeuggroepe
Gr1 – Gr10, ons kan nie wag om jou die Sondag te sien nie.

Kleuterkerk
17 Augustus | ⏰ 09:00 | 📍 Bo in die Jeugsaal
Ons kan nie wag om ons kleuters te Sondag te sien nie.

kwartaal3


Jong-Volwassenes

jong

hamb


administrasie

Bedieningsvergaderings

bedien


sorg

Moncare

spens

spens

Ds Lizl-Louise Verjaar! 🌸

Baie geluk aan Ds. Lizl Louise wat Saterdag verjaar!

lls

LAAT JOU LIG HELDER SKYN

Hierdie week se iM-pak het my laat besef dat ons getuienis oor God nie net in groot oomblikke lê nie, maar in die gewone ritme van ons lewe; in eredienste waar ons saam aanbid, groepe waar ons saam leer, in die energie van ons jong volwassenes, die vreugde van ons kinders en die klein gebare van sorg vir mekaar. Miskien is dit juis in hierdie dinge dat ons lig die helderste skyn – ongeag die uitkoms van die “wedstryd”.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog