Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 14 Augustus

August 14, 20264 min read
in ons gemeente

loodglas

BRIEF

Brief

Mylpaaldag vir Aldi

Sondag is vir Aldi Serfontein ʼn belangrike dag. Sy lewer haar proefdiens in Monumentpark.

Dit is ʼn mylpaal in die lewe van ʼn teologiese student. Dit vind in die laaste jaar van die student se studies plaas, in die gemeente waar die praktykjaar gedoen word. Rondom dié gebeurtenis is daar ʼn klomp tradisies en gebruike wat al ʼn lang pad kom. Die student se ouers en goeie vriende is daar, en een van die dosente kom al die pad uit die Kaap om die student se optrede te evalueer.

Die senuwees knaag, want die dosent sit met die preek in die een hand en ʼn rooi pen in die ander en luister na elke woord. Twee klasmaats, wat vir hierdie geleentheid die deftige naam paranimfe dra, is veronderstel om die student by te staan – hoewel hulle waarskynlik net so min weet wat om te verwag! En by hierdie diens wil ʼn mens darem nie skandes maak voor jou ma en pa, jou vriende én die gemeente nie.

Ná afloop van die diens volg ʼn bespreking waaraan die dominees wat die student begelei het, die paranimfe, die dosent en die student self deelneem. Oor dit alles word ʼn verslag opgestel wat saam met die mentor (Lizl-Louise) se jaarverslag na die Kuratorium gestuur word. Dit is dié kerklike liggaam wat uiteindelik toestemming gee dat die student gelegitimeer kan word – en so word sy dan uiteindelik ʼn dominee in die NG Kerk.

Tussen al die vreemde en deftige kerkwoorde is een ding duidelik: Sondag 16 Augustus 2026 kry ʼn spesiale plek in Aldi Serfontein se lewensverhaal.

Mag dit die begin wees van, soos ons in Monumentpark graag sê, ʼn betekenisvolle lewe in diens van die Here van die kerk!

Sterkte vir Sondag, Aldi! Die gemeente wat voor jou in die banke gaan sit, staan bankvas agter jou.

Dr. James Kirkpatrick


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

Erediens: Sondag, 16 Augustus 2026, 9:00vm.

  • Prediker: Aldi Serfontein

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan


GELOOFSVORMING

geloofsvorming

Kleuterkerk en jeuggroepe

Hierdie komende Sondag staan ons stil by Jesaja 6:1-8. Indien jy en/of jou gesin in die komende week verder hieroor wil nadink en saam gesels, kan julle van die volgende huisgeloof gebruik maak:

Huisgeloof

Gesels saam:

Wat is die grootste verandering wat julle al as gesin beleef het?

Lees saam:

Lees Jesaja 6:1-8.

Ekstra inligting: Ussia was vir omtrent 50 jaar koning, die langste regering wat die mense kon onthou. Onder hom het die land veilig en voorspoedig gevoel. Sy dood was nie sommer nuus nie, dit was die einde van 'n hele era.

Dink saam:

· Wat sou die dood van koning Ussia vir die volk beteken het?

· Terwyl die aardse troon leeg is, wat sien Jesaja in die tempel?

· Wat sê dit vir ons oor God wanneer alles rondom ons verander?

· Watter woorde of beelde in die beskrywing van God staan vir jou uit? Hoekom?

· Hoe verskil God se koningskap van dié van enige aardse koning?

Doen saam:

Dink elkeen aan 'n “In die jaar toe...” uit jou eie lewe (‘n tyd van groot verandering of ‘n moeilike tyd). Deel dit met mekaar en gesels oor hoe daardie gebeurtenis jou geraak het. Waar was God in daardie tyd? Het jy dit toe raakgesien, of eers later?

Sluit af met gebed.

Verbintenisgroep:

Ons gesels weer saam hierdie Sondag, 16 Augustus, om 18:00 in die Jeugsaal. Ons fokus gaan die verskillende spiritualiteitstipes wees.


Jong Volwassenes Selgroep

Vir meer inligting, sluit gerus HIER by ons WhatsApp-groep aan.


ADMINISTRASIE

administrasie

Vergaderings

Die volgende vergaderings vind plaas:

  • 17 Augustus: Wild en Wakker Lentefeesvergadering (18:00) in die Konferensielokaal.

  • 18 Augustus: Kerkraadsvergadering (18:00) in die Familiesaal.


UITREIK

uitreik

Spens-projek

spens-projek

Wild en Wakker Lentefees

Die Wild & Wakker Lentefees

By die Wild & Wakker Lentefees wag daar lekker kos vir die hele gesin!

Van vars pannekoek en boereworsrolle tot heerlike sosaties – en natuurlik nog BAIE meer!

📅 5 September 2026

📍 NG Monumentpark

Bring die familie, nooi jou vriende en kom geniet ’n lekker Lente-kuier saam met ons!

Custom HTML/CSS/JavaScript

Bottel en Bord

Custom HTML/CSS/JavaScript

Ds. Lizl-Louise Schoeman verjaar

Ds. Lizl-Louise Schoeman verjaar Sondag! Ons wens haar net die mooiste toe.

6 September Lentesangdiens en Pretoria Mannekoor

Noot vir Nood


SINODEBRIEF

Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

noordsin

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.


SLOTBOODSKAP

Slotboodskap

’n Besonderse Sondag lê voor, ons sien daarna uit om Aldi met haar proefdiens te ondersteun en saam met haar hierdie belangrike mylpaal te vier. Ons wens aan elkeen ’n mooi en geseënde naweek toe, sien julle Sondag!

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Back to Blog