
iM-pak Nuusbrief 10 Oktober


iM-pak Nuusbrief 10 Oktober
In hierdie uitgawe van iM-pak:
• Brief: Dr. James Kirkpatrick
• Dankbaarheidsmaand: Erediens, 12 Oktober om 09h00
• Geloofsvorming
• Vakansieprojek: 6–9 Oktober 2025
• Nuwe lidmaat kuier
• Bottel-en-bord
• Lig op die Horison
BRIEF
Die 2025-trein
Ek soek ’n beskrywende woord in Afrikaans vir “roller coaster”, want ek wil in mooi suiwer Afrikaans iets vertel van ons jaarbeplanning die afgelope week. Vir twee dae lank het die predikante en van die Diensgroepleiers 2025 op die tafel uitgepak, geweeg en daaruit probeer leer met die oog op 2026. Die konsensus is dat dit ’n “roller coaster”-jaar was.
“Wipwaentjie-rit” sal nie werk nie. Dit klink na net pret en opwinding. So maklik was 2025 nie! Met Wynand se weggaan in Januarie moes ons inderhaas interim-planne maak om seker te maak dat die bediening onversteurd voortgaan. Dit sou en het baie druk op Lizl-Louise as enigste voltydse dominee geplaas en sy moes mooi meet en pas om noodsaaklike dinge gedoen te kry. Maar gelukkig kon Willie en James hand bysit en nadat ons goed krities na alles gekyk het, is die woord “wipwaentjie-rit” nie heeltemal uit nie. Daar was baie pret langs die pad. So byvoorbeeld het die leiers van die kategesegroepe net eenvoudig ingeval en gesorg dat die trein Sondag na Sondag loop! En die twee dominees dink die graad 11-verbintenisgroep was great! Ons gemeente se bediening in die Waterkloof Marina is danksy Willie ook ’n besondere hoogtepunt.
’n Ander woord wat lekker op die tong lê, is “tuimeltrein”, maar dit sal nie werk nie. Ons het verseker nie die dieptes ingetuimel nie. Trouens, ons het hoë pieke bereik en is steeds daar. Die erediensbywoning was deurgaans goed, die deelname van ons kinders inspirerend en die Paasnaweek saam die buurgemeentes ’n hoë piek! Nee wat, dié woord maak dit nie. Ons het nêrens heen getuimel nie.
Na alles is ons dankbaar dat daar nie te veel onverwagse wip was nie en dat ons nie getuimel het nie. Inteendeel, dit was ’n goeie jaar met sy oppe en affe, maar ons is op ’n goeie plek!
Die ontwerpspan is byna klaar met die 2026-model wat beloof om ’n “super duper turbo charged roller coaster” te wees. Het iemand ’n goeie Afrikaanse vertaling daarvoor asseblief?
Dr. James Kirkpatrick
BEDIENINGS NUUS

Erediens
Ons vier hierdie maand as Dankbaarheidsmaand – ’n tyd om stil te staan en dankbaar te wees vir alles wat ons ontvang.

Sondag 12 Oktober om 09h00: Erediens: Rom12:1-3 Dankbaarheidsmaand
Prediker: Dr. James Kirkpatrick
Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.
Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.

Geloofsvorming
Bybelstudie
Groeigroep
Jeuggroepe
Ons sien mekaar weer op 19 Oktober – ons sien uit daarna.
Kleuterkerk
Ons kan nie wag om ons kleuters Sondag, 19 Oktober om 9:00 te sien in die Gasvryheidslokaal nie. Geniet die welverdiende ruskans!

Bedieningsvergaderings
Geen vergaderings vir die komende week.

Moncare
Vakansieprojek: 6 Oktober 2025 – 9 Oktober 2025.
Baie dankie aan almal vir julle donasies en bydraes – sonder ons gemeente sou hierdie projek eenvoudig nie moontlik gewees het nie. Die week was vol opwinding en ons kan nie wag om volgende week die foto's en nuus met julle te deel nie. ’n Groot dankie aan almal wat gehelp het om hierdie week moontlik te maak!
Petro Barnard
Nuwe Lidmate Kuiergeleentheid
Ons nooi al ons nuwe lidmate hartlik uit om Sondag, 19 Oktober, na die erediens by ons gesellige kuiergeleentheid aan te sluit. Dit is ’n wonderlike kans om mekaar beter te leer ken en deel te word van die gemeente-familie. Onthou asseblief om te RSVP – ons sien baie uit daarna om saam te kuier.
Bottel en Bord – 6 November 2025 om 18:00
Trek jou dagboek nader, want Roland Henwood kom gesels. Tema: Die konteks waarin ons leef.
Almal is baie welkom. Bring jou eie eet- en drinkgoed en geniet ’n aangename aand saam met Roland.

Verjaarsdae vanuit die kerkkantoor
Baie geluk aan Steven Mathibela wat die 4de Oktober verjaar het, en ook aan Petro Barnard wat op 11 Oktober verjaar. Ons wens vir julle alles wat mooi is toe.
Lig op die Horison
Ons eie Richard en Eranee is betrokke by dié musiekaand.
25 Okt 2025 | 18:00 | Skuilkrans, Pretoria ’n Simfoniese musiekaand met Croons Collective, Monique Steyn , Pretoria Mannekoor & Constantia Park Laerskool Senior Koor.
Musiek wat lig en hoop bring – moenie dit misloop nie.
https://www.quicket.co.za/events/309824-lig-op-die-horison/
Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Lees die Noordelike Sinode se weeklikse nuusbrief HIER
Slotparagraaf
Die afgelope jaar het beslis gevoel soos ’n “roller coaster” – vol draaie, oppe en affe, maar met soveel mooi oomblikke en rede tot dankbaarheid. Terwyl ons Dankbaarheidsmaand vier, kyk ons met waardering opnuut na alles wat hierdie gemeente laat beweeg.
Dankie dat jy saam met ons hierdie geloofsreis bly!
Tot volgende keer!
Ds. Lizl-Louise Schoeman
