Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 10 Julie

July 10, 20263 min read
in ons gemeente
loodglas

BRIEF: Dr. James Kirkpatrick

Brief

Hoe weet ek die skip lê te diep?

Aldi se bydrae in die Nuusbrief oor die plimsollyn (die lyn wat op die romp van die skepe geverf word, as aanduiding van die skip se dravermoë) het baie van ons aan die dink gesit. Lizl-Louise het die beeld gebruik in ʼn preek oor God wat ons dra (Jesaja). Ek self het haar skryfstuk gebruik by ʼn gespreksgroep wat ek al vir baie jare elke Dinsdagoggend saam met ʼn groep prokureurs het. Ons het saamgestem. Dit is ‘n treffende beeld. Maar ons het gewonder. Hoe weet ek wanneer my skip té diep in die water lê?

Op die skip is daar ʼn duidelike lyn. Wie dit ignoreer, is roekeloos. Maar hoe werk dit nou in die lewe? Wanneer is dit net ʼn tydelike besige tyd wat baie van my vra en wanneer het ek weggesink in ʼn ongesonde leefstyl? Saam het ons aan ʼn paar vrae gedink wat ʼn mens vir jouself kan vra wat kan help. Vrae soos: Wanneer is (goed) genoeg (goed) genoeg? Wat dryf my? Is dit geld, prestasie, mag of “image”? Is ek nog besig met die dinge wat regtig belangrik is? Een van die manne se opmerking het my bygebly. Hy verwys na sy vrou wat aan hom verduidelik dat elke vrou ʼn vriendin nodig het wat so naby aan jou is dat sy vir jou sal sê die rok wat jy aan het laat jou vet lyk! En hy voeg by “Elkeen van ons het iemand nodig wat soveel vir jou omgee dat hy of sy nie sal huiwer om vir jou te sê dat jy nou droogmaak en perspektief verloor het. Iemand wat sal sê: “Jou skip lê gevaarlik diep in die water!”

Ek dink Jesus sou na so vriend verwys het as iemand wat regtig liefhet soos God dit van ons vra.

Dr. James Kirkpatrick


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

Erediens: Sondag, 12 Julie 2026, 9:00vm.

  • Prediker: Prof. Willie van Heerden

  • Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.

Aanlyn bydraes:

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan


GELOOFSVORMING

geloofsvorming

Kleuterkerk en jeuggroepe


Verbintenisgroep:

Ons volgende samekoms is die 26ste Julie om 18:00 in die Jeugsaal.


ADMINISTRASIE

administrasie

Vergaderings

Geen vergaderings die komende week nie.


UITREIK

uitreik

Spens-projek

spens-projek

Wild en Wakker Lentefees

Dit is weer tyd vir die afskop van hierdie jaar se Wild en Wakker Lentefees!

Op 5 September kom ons as gemeente bymekaar vir 'n onvergeetlike dag van kuier, lekker eet en saamwees. Ons sien daarna uit om die dag saam met julle te geniet!

Van heerlike pannekoek en die deli, tot 'n smaaklike ete, veiling, 'n verskeidenheid stalletjies én hope kindervermaak – daar is iets vir die hele gesin om na uit te sien. Dit beloof om 'n dag propvol pret, lekker aktiwiteite en goeie geselskap te wees.

Ons doen ook graag 'n beroep op die gemeente: Indien jy weet van iemand wat graag op die dag met 'n stalletjie wil uitstal, laat weet gerus vir Dawie Visser by 084 606 1433 of Jana Clarkson by 071 868 3827. Ons sal dan met die belangstellende in verbinding tree en die nodige inligting deurgee.

Ons sien uit daarna om saam met julle 'n wonderlike Wild en Wakker Lentefees te beleef!

Visrivier Staptoer

Hot Mikado


SINODEBRIEF

Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

noordsin

Die mees onlangse Noordelike Sinode nuusbrief is HIER besikbaar.


SLOTBOODSKAP

Slotboodskap

Waar die week jou ook al neem, mag jy die sekerheid hê dat God saam met jou stap. Mag Hy jou lei, beskerm en met Sy vrede vul. Geniet die laaste week van die skoolvakansie.

Tot volgende keer!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Custom HTML/CSS/JAVASCRIPT
Back to Blog