Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 8 Augustus

August 07, 20254 min read
in ons gemeente

IN HIERDIE UITGAWE VAN IMPAK ....

loodglas

• Brief van Ds Lizl-Louise Schoeman

• Bedieningsnuus

• Geloofsvorming

• Jong-Volwassenes

• Die Fees was ‘n sukses – dankie

• Die Fees het oorgevloei – Van Monumentpark tot Daspoort

• Geseënde Vrouedag

• Slotboodskap


Brief

Dit het begin met ‘n gedagte kort na Covid. “Dominee, dink jy nie ons moet iets reël om die mense weer bymekaar te kry nie. Ons maak net ‘n paar hoenderpotte en almal kuier saam.”

Die jaar daarna het ons weer so gemaak en so het die Wild en Wakkerfees gegroei tot waar ons vandag is. Ons het intussen groter potte aangeskaf, skape op die spit gebraai, ‘n veiling of 2 gehou en uitgebrei met ons kinderaktiwiteite. Die bedoeling van die fees het egter nooit verander nie. Konneksie, saamwees, kuier.

Sondag ná die fees was daar blykbaar ‘n ernstige gesprek by die kleuterkerk oor die einste fees. En dit oor hulle belewenis van die dag. So vra die een kleuter vir die ander : “Hoe was die go carts vir jou? Het jy gecrash?” “Nee, antwoord die ander een, dit was lekker en ek het nie eers gecrash nie.”

Dieselfde Sondag ná die fees was daar ook ‘n ander groep wat oor die fees gepraat het. Die mense van Daspoort. Ons het soveel potjiekos oorgehad en dit is saam met Karen na Daspoort toe gestuur. Só kon ‘n 100 mense verder deel in die lekkerte.

En is dit dan nie juis hoe die koninkryk werk nie? ’n Klein saadjie. ’n Gedagte ná Covid. ’n Hoenderpot. En dan begin dit uitkring: van die kerkgronde tot by die kleuters se opgewonde stories, tot in die strate van Daspoort. Want wanneer mense saam eet, speel, lag en gee, gebeur daar iets wat groter is as ons beplanning. Dan proe jy iets van genade — genoeg vir almal. Mag elke fees, elke pot, elke "nie eens gecrash nie" ons herinner: God is tussen ons besig. En dis wild én wakker en goed.

Ds Lizl-Louise Schoeman


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

erediens

Sondag 10 Augustus

  •         Prediker: Dr Lizl-Louise Schoeman

  •         Teks: Johannes 17:1-5

  • Kom woon die diens aanlyn by op Sondag om 09:00.

  • Volg die skakel vir die regstreekse uitsending.

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie
Kom sluit aan by ons Bybelstudie op Woensdae om 09:00

Groeigroep
Jy is uitgenooi na die Groeigroep! Waar ons saam leer, gesels en groei in geloof.
Woensdae / 18:00 / Konferensielokaal

Jeuggroepe
Ons sien mekaar 10 Augustus.

Kleuterkerk
Ons sien mekaar 10 Augustus, 9:00vm, bo in die Jeugsaal.

kwartaal3

Jong-Volwassenes se Kuier

kwartaal
administrasie

Bedieningsvergaderings

bediening


sorg

Die Fees is Verby – Dankie vir ’n onvergeetlike dag

Die Wild- en Wakker Fees het gekom en gegaan – en wát ’n fees was dit nie! Mense het gelag, gekuier en ’n gevoel van samehorigheid het geheers.

Van vroegoggend was daar ’n vrolike gewerkskaf. Die stalletjies het met kleur en geur die terrein versier en elke hoekie het iets besonders gebied – van handgemaakte kunswerke tot tuisgebakte lekkernye. Kinders het gelag en gespeel, gesiggies is geverf, die go-carts en kulkunstenaar het ook vir hope vermaak gesorg. Daar is selfs aan die tieners gedink – van tafeltennis tot “darts”, niemand is uitgelaat nie.

Die kos was eenvoudig heerlik. Die braaiboks het gesorg vir geure wat elke mond laat water het, terwyl die potjiekos en spitbraai beslis treffers was. Die tafels was mooi en keurig gedek en het gesorg vir ’n warm, verwelkomende atmosfeer. Die deli-produkte was weereens baie gewild en wat is ‘n fees sonder heerike pannekoeke. Niemand was dors gelaat nie – met koeldrank, bier, gin en Plato se heerlike koffie was daar iets vir elke smaak.

Die veiling het behoorlik vir opwinding gesorg – menige hart het vinniger begin klop. Maar bo alles was dit die mense – elke glimlag, elke handdruk, elke warm geselsie – wat die dag só besonders gemaak het. Ons harte loop oor van dankbaarheid.

Tot volgende jaar – ons kan nie wag nie!

wwf1

wwf2

wwf3

wwf4

wwf5

wwf6

wwf7

wwf8

wwf9

wwf11

wwf12

wwf13

wwf13

wwf14

wwf15

wwf16

Moncare

Die Fees het oorgevloei – Van Monumentpark tot Daspoort

Hoewel die Wild en Wakker Fees tot ’n einde gekom het, het die gees van gee en saamwees nie daar gestop nie. Die feesvreugde het oorgespoel na Daspoort, waar verskeie gesinne – danksy julle vrygewigheid – ’n heerlike, voedsame maaltyd kon geniet.

mon1

mon2

mon3

mon4

mon5

mon6

mon7

Geseënde Vrouedag! 🌸

Baie dankie vir die liefde, krag en wysheid wat julle daagliks uitstraal. Julle maak die wêreld mooier– nie net vandag nie, maar elke dag.

vd

OORVLOEDIGE GENADE

Ek het weereens net besef dat ons gemeente geseën is met oorvloedige genade. Genade wat deurvloei in ’n fees vol vreugde, in kleuters se opregte woorde, in ’n pot kos wat verder reis as wat ons beplan het. Genade wat uitvloei uit die hande wat help en harte wat gee. Hierdie genade herinner ons: God is werklik teenwoordig, in die klein én groot dinge. Mag ons dit raaksien, elke dag.

Tot volgende week!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog