
iM-pak Nuusbrief 5 Desember


iM-pak Nuusbrief 5 Desember
In hierdie uitgawe van iM-pak:
• Brief: Dr. James Kirkpatrick
• Eredienste
• Geloofsvorming
• Herinneringsdiens
• Kersfeesprojek 2025
• Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):
BRIEF
Adventstyd is ’n inspirerende tyd!
Adventstyd is ’n inspirerende tyd! Dink net aan hoeveel kunswerke en musiek is geskep deur kunstenaars wat iets van die betekenis van Kersfees wou uitbeeld. Hoeveel armer sou ons daarsonder gewees het?! Adventstyd het ook oor die eeue mense geïnspireer om tradisies te skep en te onderhou wat ’n mens bewus hou van die lewe en werk van Jesus. Ek het die eerste keer regtig iets van Adventstradisies verstaan toe ek dit tydens studies in Duitsland in Desember 1990 ervaar het. In bykans elke huis was daar die adventskrans met sy 4 adventskerse wat rondom die wit Christuskers staan. Daar het ek ook die eerste keer ’n adventskalender leer ken. Ek wens eintlik ek kon al as kind elke dag van Desember ’n deurtjie van die kalender oopmaak en die sjokolade geniet. Alles deel van die afwagting wat Kersfees voorafgaan.
In ons huis het Mari vir ons ’n unieke kersboom gemaak. Sy het die kersboom versier met figuurtjies, een vir elkeen van die Kirkpatrick-familie. Vanjaar het selfs die Kirkpatricks van Boston se nuwe gesinslid, Mila die worshond, bygekom. So herinner dit ons elke dag aan Jesus wat deel van ons lewens geword het. Dit is wat Matteus en Lukas probeer sê wanneer hulle die goeie nuus van Jesus met geslagsregisters begin. Hy het mens geword en onder ons kom woon.
Geseënde Advent vir elkeen van julle!
Dr. James Kirkpatrick

BEDIENINGS NUUS

Erediens

Erediens: Sondag 7 Desember om 9h00
Prediker: Ds. Wynand van Niekerk
Aanlyn skakel vir die regstreekse uitsending.
Aanlyn bydraes:
Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.

Geloofsvorming
Bybelstudie
Ons Bybelstudiegroep skop weer af op 21 Januarie 2026, en ons sien uit om almal terug te verwelkom.
Kleuterkerk en jeuggroepe
Ons kleuterkerk en jeuggroepe het vir die jaar afgesluit. Registrasie vir 2026 vind op 25 Januarie plaas.
Herinneringsdiens: 30 November
Op 30 November het ons ’n herinneringsdiens gehou waar ons in liefde teruggedink het aan geliefdes wat ons verloor het. Dit was ’n diep betekenisvolle geleentheid.



Bedieningsvergaderings
Daar word vir die res van die jaar geen verdere vergaderings beplan nie.

Dis Kersfees
Baie dankie aan elkeen wat bygedra het tot die Kersfeesprojek. Danksy julle wonderlike ondersteuning het 13 gesinne kos, skryfbehoeftes en toiletware ontvang. Die reaksie was oorweldigend en ons waardeer elke skenking opreg.
-Petro Barnard-








Verjaarsdae - Personeel
Baie geluk aan Rabecca, wat op 4 Desember verjaar het. Ons wens vir jou alles wat mooi is toe.

Skakel Noordelike Sinodebrief (Verskil):

Lees die Noordelike Sinode se weeklikse nuusbrief HIER
Slotboodskap
Adventstyd is ’n inspirerende tyd wat ons herinner aan die betekenis van Kersfees. Ons is dankbaar vir die betrokkenheid van elkeen wat bygedra het tot die Kersfeesprojek, danksy julle kon gesinne tydens die vakansie ondersteuning kry.
Mag julle ’n geseënde Feesseisoen ervaar.
Tot volgende keer!
Ds. Lizl-Louise Schoeman
