Impak Nuusbrief

iM-pak Nuusbrief 1 Augustus

August 01, 20254 min read
in ons gemeente

IN HIERDIE UITGAWE VAN IMPAK ....

loodglas

• Brief van Dr James Kirkpatrick

• Bedieningsnuus

• Geloofsvorming

• Wild- en Wakker Fees

• Jong-Volwassenes

• Slotboodskap


Brief

Ons is kerkmense. Sirkelmense

Daar is in die teologie baie ingewikkelde definisies van wat die kerk is of behoort te wees. Die eenvoudigste en waarskynlik die mees betekenisvolle omskrywing het ek baie jare gelede in een van prof Willie Jonker se boeke gelees. Hy het die kerk beskryf as “mense rondom Jesus”. Ons Afrikaanse woord “kerk” (Engels ‘church’, Duits ‘Kirche’) hou verband met die Griekse woord ‘kirkós’ en die Latynse woord’ ‘circa’, wat rond of sirkel beteken. Dit is die prentjie wat in ons kop moet wees wanneer ons oor die kerk dink. ‘n Kring mense wat met warm harte aan mekaar verbind is en op Jesus fokus.

Die afgelope tyd het ek dié prentjie van die kerk op twee plekke duidelik gesien. Die eerste was die SARK (Suid Afrikaanse Raad van kerke waarvan die NG kerk deel is) se konferensie oor korrupsie in Suid-Afrika. ʼn Liggaam wat 25 miljoen Christene in die lang verteenwoordig, het ondubbelsinnig sy kritiese stem laat hoor. Dit is inspirerend.

Die tweede plek is nie so groot nie en ook nie so ernstig nie, maar eweneens inspirerend. Ek praat van die Wild en wakker-fees. Saterdag sit ons om tafels en staan ons saam by pannekoektafels terwyl; die kinders die hele kerkterrein op horings neem. Nie in die eerste plek om geld te maak nie, maar omdat ons aan mekaar verbind is.

Ons is kerkmense. Sirkelmense. Mense rondom Jesus. Ons dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus (Gal 6). Dit is wat kerkmense doen.

Sien julle Saterdag 2 Augustus!

Dr. James Kirkpatrick


BEDIENINGS NUUS

diens

Erediens

mat13
  •         Sondag 3 Augustus om 09h00

  •         Prediker: Dr Lizl-Louise Schoeman

  •         Teks: Matteus 13

  • Kom woon die diens aanlyn by op Sondag om 09:00.

  • Volg die skakel vir die regstreekse uitsending.

  • Klik HIER om 'n bydrae te maak op Snapscan.


sorg

Wild- en Wakker Fees 2025 is hier!

wwf

Die wag is verby – die Wild- en Wakker Fees het nou uiteindelik aangebreek! Dis môre en dit gaan ’n dag wees vol lekker samesyn, pret en vreugde. Kom kuier saam by ons jaarlikse fees, waar daar iets vir elkeen is:

• Stalletjies en uitstallings
• Kindervermaak
• Heerlike deli-produkte
• Smullekker etes
• ’n Opwindende veiling
Moenie dit misloop nie – ons sien jou daar!


geloofsvorming

Geloofsvorming

Bybelstudie
Kom sluit aan by ons Bybelstudie op Woensdae om 09:00

Groeigroep
Wanneer laas het jy boeke soos Nahum, Miga of Habakuk gelees?
Hulle mag oud wees, maar hul boodskappe is lewend, relevant en vol hoop.

Jy is uitgenooi na die Groeigroep! Waar ons saam leer, gesels en groei in geloof.

Woensdae / 18:00 / Konferensielokaal
Kom reis saam – God se Woord is nooit verouderd nie.

Jeuggroepe
Ons sien mekaar weer 10 Augustus.

Kleuterkerk
Die Kleuterkerk vind wel plaas 3 Augustus om 09:00 in die Jeugsaal (bo).

kwartaal3

Jong-Volwassenes se Kuier

kwartaal

Jong Volwassenes kuier 13 Augustus by Capital Craft 🍔

Ons Jong Volwassenes gaan weer lekker kuier Woensdag, 13 Augustus by Capital Craft. Dis die perfekte kans om te ontspan, saam te lag en ½-prys burgers te geniet!

RSVP teen Maandag, 4 Augustus om jou sitplek te verseker – dit gaan beslis ’n aand vol goeie kos, geselskap en pret wees!

Kontak Engela by 071 688 4039 vir navrae of om jou plek te bespreek.

capital
administrasie

Bedieningsvergaderings

nuus

DIE RYKDOM VAN SAMESYN

Mag hierdie uitgawe van iM-pak jou aanmoedig om deel te wees van die sirkel – dié kring van mense rondom Jesus. Ons lewe is ryk wanneer ons saam groei, saam dien en saam vier. Kerk is nie net ’n plek nie – dis ’n gemeenskap, ’n familie. En wat is ’n familie sonder ’n fees? Kom beleef dit saam met ons by die Wild- en Wakker Fees, die Saterdag – ’n dag van kuier, lag en lekker eet. Bring die hele gesin, nooi ’n vriend uit, en kom wees deel van hierdie warm kring van lewe en geloof. Ons sien uit daarna om jou daar te sien!

Ds. Lizl-Louise Schoeman

Back to Blog