Ewige God

Elke dag as ek stap tussen lanings platane,
wat met hul grys stamme en takke staan
soos are teen die besondere blou lug,
met hope-hope bruin blare langs die strate
wat wag vir iemand om dit weg te vee –
dan wens ek U wil aan my verskyn :
soos toe U by Abraham gekuier het in die tent,
en met Moses gepraat het op die berg,
en Elia deur ‘n engel laat laaf het in die woestyn.
Soms voel dit in my so winters soos dro  blare in hope,
en bekruip die koue my van alle kante.
Maar ek soek U nabyheid, u Teenwoordigheid
en weet U is vir my wat U vir Moses en Dawid was –
U is nog altyd wat U is : ‘n vuurgloed in die nag
en ‘n melodie wat onder die vriesende sterrehemel opklink
oor wat die mens is dat U hoegenaamd aan ons dink
en ons boonop U kinders maak.

Volledige Bybelstudie